The Story Station
Die groot gryse - Anna M. Louw
Die groot gryse - Anna M. Louw
Couldn't load pickup availability
Die verskyning van hierdie boek is een van die grootste literêre gebeurtenisse van ons tyd, en op die gebied van die historiese roman is dit in Afrikaans nog nie geëwenaar nie. Feit en verbeelding, werklikheid en fiksie is meesterlik saamgeweef, met ontsag vir die historiese waarheid, met fyn aanvoeling vir atmosfeer en die innerlike lewe van die mens en met ’n besondere filosofiese siening en insig. Paul Kruger, die hooffiguur, is ook die laspunt waar al die panele van ’n groot waaier van gewone en buitengewone mense, opsienbarende gebeurtenisse en bekoorlike klein insidente bymekaar kom en op heel besondere wyse voor ons oopval.
Hier is geen verhoging van ’n volksheld tot ’n smetteloos heilige nie; hier is net eerlike uitbeelding van Paul Kruger as mens: die gevoelige seun, die onversokke jongman, die onverbiddelike voorvegter vir sy volk, die hooggeagte staatsman en altyd en te alle tye die toegewyde Christen en Calvinis wat homself en alles wat hom raak, aan die Skrif toets.
Met absolute eerlikheid maar met eerbied en begrip, met warmte en deernis – en met subtiele humor – word die groot volksman vir ons geteken, en juis om sy menslikheid, sy twyfel oor eie swakheid en sy stryd met homself waarin ons insae kry, sien ons hom met groter agting.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 22.4cm; W: 14.3cm; H: 2.1cm
Weight
Weight
0.44 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
