The Story Station
Die donker kind - Anna M. Louw (First edition)
Die donker kind - Anna M. Louw (First edition)
Couldn't load pickup availability
Oompie Sam en sy driemanskap het later die arrige boomwolk onthou wat dié dag soos 'n voorbode oor die see en die uitspansel gestrek het; en die stuk water wat sigselwers opgeraap en penorent bly swewe het tot by die Suid-Siener rif waar Antjie-die-Skipper die fratsgolf sonder bang gestaan en inwag het. Agt dae later het twee dolfyne 'n gestalte in swart geklee tot op die skotige strand uitgebring.
Vir ou dokter wat die doodsertifikaat moes kom gee, was dit kompleet asof die starende, albasteragtige groen oë oorgeloop het van die laaste toneel wat hulle moes aanskou: stormsee, lug, son. En dit was goed so, het hy besluit: 'n goeie dood vir Antjie-die-Skipper.
Jare later, ná die Groot Verandering, is oompie Sam dikwels uitgevra na sy mening oor die nuwe politiek en ook veral of hy nie ou Weskusstories ken nie. Vir een aandagtige, stil, jong joernalis het hy die storie vertel van die beeldmooi wit vrou met die groen oë wat op 'n houtskip met 'n rooi seil in hierdie seë gevaar het en vriende gemaak het met die dolfyne. Hy het vertel van die geheime minnaar wat een lang, onvergeetlike nag by haar was; toe vir goed verdwyn het uit haar lewe; al was daar mense wat vertel het dat hy partykeer met donkerman gesien was waar hy op 'n afstand staan en kyk het na die ligvierkante in haar vensters. Vir hierdie minnaar, het oompie Sam vertel, het die Groot Verandering te laat gekom.
Die donker kind is 'n fassinerende roman, die uitbeelding van die mens se vreemde hartsog om vermaak te put uit rampspoed, geweld, bloedvergieting – en selfs die dood. 'n Weskus-verhaal wat aangrypend is in sy menslikheid, dog geteken met Anna M. Louw se kenmerkende fyn, satiriese pen.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L:21.9cm; W: 14.3cm; H: 1.3cm
Weight
Weight
0.29 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
