The Story Station
Die derde oog - Etienne Leroux (First edition)
Die derde oog - Etienne Leroux (First edition)
Couldn't load pickup availability
Die nuutste roman van Etienne Leroux is in 'n sekere sin 'n voortsetting van Een vir Azazel en Sewe Dae by die Silbersteins. Sommige van die ou karakters verskyn weer, soos mev. Dreyer en mev. Ritchie, maar die hoofkarakter is Demosthenes de Goede, nou getroud met Hope Ritchie en 'n kaptein in die Speurdiens. Hy word, na die suksesvolle afhandeling van elf take, aan die D-diens «geleen» vir sy twaalfde en laaste taak. Van brigadier Ornassis E., hoof van die D-diens, ontvang hy die opdrag om die berugte tycoon Boris Gudenov aan die man te bring.
So begin die hellevaart van De Goede en maak hy kennis met die groot tycoon se enorme organisasie en veral die belangrike rol wat in sy lewe gespeel is en nou nog gespeel word deur die gestorwe seksgodin Bee-Bee-Do.
Hierdie roman is, soos al Leroux se voriges, 'n merkwaardige werk waarin die mees uiteenlopende feite verenig word, die subtielste verwysings na geskiedenis en mitologie in die konstruksie ingevoeg word, en terselfdertyd 'n verhaal vertel word wat ook op daardie vlak boei. Van die verhaal sĂŞ die skrywer:Â Die storie is saamgeflans uit twee werke van Euripides en Sophokles.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
21.9cm; W: 14.3cm; H: 1.5cm
Weight
Weight
0.32 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
