The Story Station
Dansmaat - Elsa Joubert
Dansmaat - Elsa Joubert
Couldn't load pickup availability
"Was maar, ou maat, ons sal nog lank moet was. Nog jare lank moet was."
Só voel die soldate wat in die verhaal "Offer" die bloed van 'n dooie predikant onder 'n kerkhofkraan van hul hande probeer was.
En in "Dansmaat" soek 'n wit vrou 'n antwoord in die oë van 'n swart gevangene in 'n militêre kamp terwyl hulle kaalvoet op bottelskerwe skuifeldans, maar sy besef dat hy die waansin ewe min as sy begryp.
Om die skending van menslikheid in ons verskeurde land bloot te lê, kyk Elsa Joubert na die vier dekades wat verby is: die futlose verset van wit Suid-Afrikaners in die buiteland; die afbreek van mense se selfbeeld – selfs in die taalgebruik; die afwesigheid van werklike kommunikasie; en die angste, neurose en vernietiging wat voortgespruit het uit 'n stelsel wat mense tot bloedens toe van mekaar verwreem het.
Om só terug te kyk in die verlede, is om opnuut te beleef: 'n katarsis wat bevryding bring, en die moontlikheid van versoening – soos by die twee vroue in "In memoriam Johanna" wat mekaar oor 'n graf heen weer vind, en al die verbittering; of soos by die Afrikanervrou wat in "Dogters van Afrika" ontdek in watter mate sy een is met die swart vroue van hierdie land.
Dansmaat is 'n bundel wat geen leser sal koud laat nie. Dit sluit aan by die wêreld van Elsa Joubert se opspraakwekkende roman Die swerfjare van Poppie Nongena: ontroerend, ontstellend, openbarend, en nie sonder die genade van humor, ironie en hoop nie.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.4cm; W: 13.8cm; H: 0.6cm
Weight
Weight
0.14 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
