Skip to product information
1 of 9

The Story Station

By fakkellig - Karel Schoeman (First edition)

By fakkellig - Karel Schoeman (First edition)

Regular price R 139.00 ZAR
Regular price Sale price R 139.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Dit is Ierland aan die einde van die agtiende eeu: ’n land onder die hiel van die Engelse heerser, sy volk onderdruk, magteloos, sonder regte. Die opstandsgevoel neem toe, ook onder invloed van die Franse Rewolusie en Napoleon se opkoms. Teen hierdie agtergrond maak David, jonger broer van sir Arthur, heer van Donore, onverwags kennis met die Ierse volk. Hy raak bevriend met die skoolmeester Liam O Néill, die verarmde Séamas Bán, die priester O Flionn, met die meisies Nóra en Eilís ... en hy bevind hom in ’n posisie waar ’n keuse aan hom opgedwing word, teen sy sin. „Een ding het hy egter besef, dat niks hierna meer dieselfde sou kan wees nie . . . Soos op ’n golf is hy voortgespoel deur die gang van sake, en die gety sou nie stilstaan in sy stroming of hom terugkeer nie.”

David weier om hom by enige groep te skaar – hy wil alleen homself bly en met sy vriende verkeer – maar dit is nie moontlik nie en onverbiddelik beweeg omstandighede hom om tog daadwerklik die Iere te probeer help. Die uiteinde is vir David tragies en ironies: „Geen mens wat begrip nie, en ná sy dood ook geen mens wat sal weet hoe dit was nie; indien daar ’n beeld van hom bly voortbestaan, sal dit iets wees wat geen verband hou met die werklikheid nie.”

By Fakkellig is ’n ontroerende roman waarin die Ierse landskap, die rustige leefwyse van die adel, die verbitterde bestaan van die boerevolk en die vertwyfeling van Arthur uitgebeeld word op ’n wyse wat herinner aan Yeats se woorde van byna twee eeue later: „A terrible beauty is born”.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

21.7cm; W: 14.3cm; H: 1.7cm

Weight

0.28 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details