The Story Station
Boom bomer boomste - Elsabe Steenberg (First edition)
Boom bomer boomste - Elsabe Steenberg (First edition)
Couldn't load pickup availability
En nou is Oupa siek. Oupa wat haar kleindag leer fluit het soos geen ander mens kan fluit nie, wat haar geleer het om lief te wees vir die donker, en wat haar vertel het van die robyne en die kgatas in sy bos. Oupa wat dae lank in sy bos kon rondloop en gesê het: "God het bome gemaak as die kroon van alle natuurdinge." Sy wil na Oupa gaan waar hy op Makierie in die hospitaal lê, ver weg van sy houthuisie en bome en voëls en boeke. Maar Ouma sê sy is al weer eiesinnig. Sy is net so wild en onbeskaaf soos Oupa, en as sy nie oppas nie, word sy ook 'n leeglêer. Dis hoog tyd dat sy in 'n roetine gedwing word.
Maar Philla weet sy kan nie soos ander mense wees nie; sy is nou eenmaal soos Oupa, net soos Oupa soos sý ma was, en sy weer soos haar pa voor haar: elke geslag lewer sy wilde een op, sê Oupa.
Sonder dat Ouma weet, en met Helet en Pa se hulp, kom Philla tog by Oupa uit. Oupa wil opsluit uit die hospitaal, waar hy voel hy word sy waardigheid ontneem. Philla, sy boomste kind, moet hom help.
Die paar dae saam met Oupa in die bos gee vir Philla die antwoord op die vraag wat haar so hinder: ís 'n mens soos jy is, of wórd jy so; wat is dit wat jou anders maak as ander mense?
Die bekroonde Boom bomer boomste toon Elsabe Steenberg as een van die mees gevoelige en afgeronde jeugskrywers in Afrikaans. Geeneen wat dié boek gelees het, sal dit ligtelik vergeet nie.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa for R109, or to a PUDO locker of your choice for R80.
Collection is available by appointment only (FREE)
Books are shipped wihin 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share

Didn't find what you're looking for or out of stock?
Email me and I'll try to hunt it down for you.