The Story Station
Boela van die blouwater - Chris Barnard
Boela van die blouwater - Chris Barnard
Couldn't load pickup availability
Hierdie verhaal deur Chris Barnard is bekroon met die Afrikaanse Pers-Boekhandel se Jeugromanprys vir 1962. Dit is die derde werk uit die pen van ‘n jong skrywer wat in die afgelope tyd vinnig opgang gemaak het en vandag beskou word as een van die belowendste skrywers waaroor die Afrikaanse letterkunde beskik.
Vir sy eerste boek, Bekende Onrus, het hy dan ook die C.N.A.-prys vir letterkunde (1961) ontvang. Hoewel slegs 23 jaar oud, het Chris Barnard dus reeds getoon dat hy ‘n skrywer van formaat is.
Hierdie tweede bekroonde werk, Boela van die Blouwater, is in die eerste plek ‘n roman vir die jeug. Die verhaal speel af op ‘n klein vissersdorpie, Oestermond. Die milieu is die see en sy mense — geharde vissers soos Oukoos en Sollie, Krisjan Klok en natuurlik die jong Boela.
Die skrywer het ‘n besondere tema gekies waarin kleurvolle en interessante karakters die hoofpersone is; elkeen oortuigend geteken in situasies wat lewensgetrou en dramaties beskryf word.
Die leser leer die innerlike lewe ken van hierdie visserseun, Boela, wat vasgegroei staan in sy eie omgewing. Hy leef werklik voor die geestesoog en ontluik gaandeweg in ‘n sewentienjarige seun met ‘n tipiese sensitiwiteit wat hy immer probeer onderdruk. Sy liefde vir Nonnie, die kroegman se dogter, wat hy liewer met dade as met woorde probeer bewys, is skoon en opreg.
Dan is daar Oukoos, Boela se pleegvader. Wie kan hom vergeet? Oukoos wat so graag ‘n seun wou hê op wie hy kon trots wees. Tussen Boela en Oukoos heers daar ‘n mooi en innige verstandhouding wat vir albei ‘n soort sin gee in die lewe.
Chris Barnard se waarneming is noukeurig; sy suiwere aanvoeling vir die woord tref keer op keer. Verder word die verhaal gekenmerk deur ‘n fyn sielkundige insig en ‘n besondere beeldingsvermoë.
Een van die stukke prosa in hierdie boek wat beskou moet word as ‘n hoogtepunt in ons Afrikaanse jeugliteratuur, is sekerlik die gedeelte waar Boela ‘n reeks gevaarlike rotsspitse bestyg om vir Nonnie die rooi blom te pluk. Dit is gedramatiseer in vibrerende prosa wat die boek as kunswerk vestig.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa for R109, or to a PUDO locker of your choice for R80.
Collection is available by appointment only (FREE)
Books are shipped wihin 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share

Didn't find what you're looking for or out of stock?
Email me and I'll try to hunt it down for you.