Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Anton Rupert: Pleitbesorger vir hoop - W.P. Esterhuyse (First edition)

Anton Rupert: Pleitbesorger vir hoop - W.P. Esterhuyse (First edition)

Regular price R 139.00 ZAR
Regular price Sale price R 139.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Deur sy skeppende denke, sy stylvolle manier van optrede en sy maatskaplike betrokkenheid, dwing Anton Rupert vandag sowel binnelands as buitelands agting en bewondering af.

In Pleitbesorger vir hoop leer ken die leser die beskouinge van hierdie merkwaardige man, maar leer waardeer hy ook die moed en volharding waarmee Rupert, teen aanvanklike weerstand in, hierdie beskouinge bly verkondig het. Deurgaans val die klem op sy filosofie, naamlik dat vooruitgang berus op vennootskap en wedersydse vertroue op alle lewensterreine. Hoe dié filosofie gestalte gekry het, nie net as ’n uiters suksesvolle sakefilosofie nie, maar ook as ’n gemeenskapsfilosofie, wat dit behels en hoe dit toegepas word, word hier op boeiende wyse uitgelig en toegelig. Ook word getoon hoe Rupert, omdat hy aan die morele regverdigheid van sy filosofie oortuig is, daarna streef om dit ook in sy persoonlike lewe konsekwent uit te leef.

Dit was juis Rupert se geloof dat private inisiatiewe op alle terreine voorspoed en ontwikkeling bewerkstellig, wat gelei het tot onder meer die stigting van die Ekonomiese Ontwikkelingsbank (EDESA) en die Kleinsake-Ontwikkelingskorporasie. Maar Rupert en sy groep het eweneens sy vennootskapsfilosofie op energieke wyse na die gemeenskap uitgebrei, waarvan talle stigtings wat deur hulle geïnisieer is, getuig.

Naas sy rol as nyweraar skroom hy ook nie om mites te ontmasker nie. Hy spreek hom onder meer uit teen oormatige staatsbeheer, teen die simplistiese interpretasie van een mens, een stem, en teen die gedagte dat apartheid die enigste waarborg vir blanke vooruitbestaan is. Sy kritiek is skerp, maar nie destruktief nie. Dit is lojale kritiek, want hy bly hoop dat die toekoms vrede en vooruitgang vir almal kan inhou.

Wat Suid-Afrika nodig het om die toekoms te verower, is ’n laer-mentaliteit wat die gevolg van vrees is nie, maar eerder ’n weldeurdagte visie wat hoop genereer en mense positief motiveer. Daarom is Pleitbesorger vir hoop ’n boek vir vandag, ’n boek wat Suid-Afrikaners aanspoor om die toekoms met hoop tegemoet te gaan en bestaande moontlikheide skeppend te ontgin. 

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L:22cm; W: 14.4cm; H: 1.5cm

Weight

0.3 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details