Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Aan die sonkant - P.H. Nortje

Aan die sonkant - P.H. Nortje

Regular price R 84.00 ZAR
Regular price Sale price R 84.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

P.H. Nortje is eintlik bekend as jeugverhaalskrywer. Hy het reeds die Scheepersprys vir jeuglektuur vir twee van sy boeke ontvang: Pennie se Vuur en Die Groen Ghoen. Maar nie minder bekend nie én gewild is sy humoristiese vertellings wat gebundel is onder die titel Nuut onder die Son.

Aan die Sonkant is wesenlik ’n voortsetting van Nuut onder die Son. Dit verhaal humoristiese gebeurtenisse waarin die Nortje-gesin - Pa, Ma, Charl, Francois, Pierre Henri en die spaniël-tefie Tessa - betrokke raak. Meestal is dit alledaagse gebeure: die verfraaiing van die sitkamer, ’n rugbywedstryd tussen die ouderlinge en die diakens van die kerk, ’n tydren waaraan die hele gesin deelneem. ’n Lenteloop.

Maar dan gebeur die wonder: Elke insident word ’n avontuur in ’n nuwe sleutel, ’n kostelike stukkie lewe waarin die leser deel. ’n Mens is nie meer toeskouer wat verlangend toekyk nie, maar deelnemer. Jy word ’n Wellingtonner in murg en been.

Jy duik jillend saam met die ander mense in die borrelbad op Esmè se plaas, jy deel in die vreugde van Wellington...

P.H. Nortje is ’n onderhoudende verteller, ’n fyn waarnemer van die klugtige situasie, ’n sprankelende humoris, ’n mens wat die vermoë besit om skerp na binne te kyk en aansteeklik te lag. Sy tweede bundel sketse is ’n bron van plesier vir oud en jonk.

Condition

Ex-library (EL): I once lived in library. I may have some library stickers, stamps, or markings but I am still readable.

Dimensions

L: 21.6cm; W: 13.8cm; H: 1.1cm

Weight

0.28 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details