The Story Station
30 nagte in Amsterdam - Etienne van Heerden (First edition; signed)
30 nagte in Amsterdam - Etienne van Heerden (First edition; signed)
Couldn't load pickup availability
Zan.
Sy’s ’n pragtige maar eksentrieke vrou, ook bekend as Xan met die onverwagse toevalligheid of Xusan met die geheimsinnige glaskamer.
Sy’s die Susan met die onstigtelike erotiese drif. As aktrise en politieke aktivis het sy ’n voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die straatmusikant Manuel D’Oliveira.
Henk de Melker, museumassistent in ’n klein Oos-Kaapse dorpie, ontvang onverwags ’n brief van ’n juris in Amsterdam waarin hy ingelig word dat sy lankverdwene Tante Zan haar huis in die stad aan hom nagelaat het.
Hy, “Henk Ekskuus”, is ’n voetjie-vir-voetjie-navorser, die skrywer van dun boekies waarin die lewens van onmerkwaardige mense opgeteken word – soos die beoogde een oor Cornelius van Gogh, die onbekende broer van Vincent en Theo, wat in Suid-Afrika begrawe lê.
Henk reis na Nederland om sy erfenis op te eis; terselfdertyd wil hy verdere navorsing oor Cornelius van Gogh doen. Hy moet besluit of hy permanent wil emigreer of nie, nadat hy eienaar word van ’n woning in Amsterdam.
Mettertyd word hy ingesuig in die maalstroom van die gragtegordel met sy sakkerollers, prostitute en straatmusikante. Sy ervarings in die binnestad konfronteer hom ook opnuut met sy kinderjare – saam met Tante Zan in die huis van sy ouma – en die invloed wat sy avontuurlike tante ná al die jare steeds op sy lewe het.
Want deur alles wat van hom weggesteek is, eindelik oop te vlek, leer Henk de Melker homself opnuut ken. Die dertig nagte wat hy in Amsterdam deurbring, verander sy besadigde lewe onherroeplik.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L:22.cm; W: 15.4cm; H: 3.6cm
Weight
Weight
0.64 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share






