Skip to product information
1 of 7

The Story Station

Die laaste jagtog - Dot Serfontein (First edition)

Die laaste jagtog - Dot Serfontein (First edition)

Regular price R 119.00 ZAR
Regular price Sale price R 119.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In hierdie bundel kortverhale bring die skryfster deur haar karakters die humor en deernis wat in die alledaagse skuil, na vore. In die titelverhaal maak ons kennis met Kosie, boer maar ook argelose wilddief, en sy mooi vrou, Jeanne (“uit die sagte wêreld”), wat daarna smag dat hy tot ruste moet kom. Die verhaal beskryf ’n rampspoedige laaste jagtog teen die agtergrond van aanpassingsprobleme binne die huwelik, asook in nuwe politieke omstandighede.

Ons voel hartseer én glimlag oor Diederik Venter wat so onbesorg met sy sonderlinge stokperdjie aanploeter. Saam met ou Drien, die kleremaakster, wat in haar middeljare ’n “regte” huweliksaansoek kry, voel ons bly én terneergedruk. Ouma van Wyk se kinderlike verlange na haar kinders is roerend en nog meer so wanneer ons uitvind dat sy eintlik baie meer verstaan as wat hulle (en ons) dink. Ons skater van die lag vir die “Antie” wat ’n “sirpraais” in die vorm van ’n byekorf “tjok en blok” vol bye kry – en dan só graag met die bye wil vriende maak. In die proses beleef sy allerhande, soms taamlik pynlike, avonture.

Dot Serfontein het reeds groot gewildheid verwerf met haar vorige werke, en in Die laaste jagtog vind ’n mens dieselfde sprankelende prosa wat die karakters in haar bundels sketse, "Systap onder die juk", "Ek is maar een" en "Amper my mense" vir die leser laat lewe het. Die laaste jagtog is suiwer leesgenot.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 22cm; W: 14cm; H: 1.1cm

Weight

0.28 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details