{"product_id":"wolwedans-in-die-skemer-leon-van-nierop","title":"Wolwedans in die skemer - Leon van Nierop","description":"\u003cp\u003eWanneer Sonja Daneel ná 'n motorongeluk bykom, ly sy aan geheueverlies. Sy onthou net die wolf voor haar in die pad. Sonder 'n idee van wie sy is of waar sy vandaan kom, ontmoet sy die mense van Hotel Njala op die plaas Wolwedans in die Hazyview-distrik en besef dat sy 'n ruk gelede aansoek gedoen het vir werk hier. Maar hoekom spesifiek by die hotel waar die tyd gaan stilstaan het? Gou kom sy agter dat sy tevore, op die een of ander duister manier, by die hotel en sy mense betrokke was.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDan volg daar aanslae op haar lewe deur 'n geheimsinnige Rooikappie-figuur wat die hotel met 'n byl terroriseer. Sonja raak terselfdertyd verlief op die loslit-toergids Ryno Lategan. Maar spoedig besef sy dat niemand in die hotel is wat hy of sy voorgee om te wees nie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHazyview word boonop geteister deur buitengewoon hoë misdaad. Dit is hoe luitenant Conrad Nolte by Wolwedans betrokke raak. Hy besef dat, indien hy hierdie saak nie vinnig oplos nie, meer mense as net Sonja kan sterf.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50198296953071,"sku":"WOL05175","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/sadasda_65c7d9bc-1a02-4a06-9f22-4d2fba7fac08.jpg?v=1784408543","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/wolwedans-in-die-skemer-leon-van-nierop","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}