{"product_id":"wie-is-ek-louis-awerbuck-en-lise-swart-first-edition","title":"Wie is ek? - Louis Awerbuck en Lise Swart (First edition)","description":"\u003cp\u003eVir eeue worstel mens al met die vraag: \"Wie is ek?\" In hierdie boek van Louis Awerbuck en Lise Swart word jy as leser op ’n verkenningstog van jouself, jou persoonlikheid en jou menswees geneem.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eLouis en Lise is die aanbieders van die gewilde RSG-program \u003cem\u003eWie is ek?\u003c\/em\u003e - met Louis en Lise. Louis is ’n kliniese sielkundige en sy verloofde Lise is alombekend as TV-aanbieder en sangeres. Die doel van hierdie boek, wat gebaseer is op hulle RSG-radioprogram, is om mense met kennis te bemagtig sodat hulle hulself en ander beter sal kan verstaan. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie drie afdelings van die boek - 'Wie is ek?', 'Waarmee sukkel ek?' en 'Wat nou?' is so gerangskik dat die leser stap-vir-stap self-ondersoek kan doen. Daar is vraelyste wat onder andere jou voorkeure en persoonlikheid toets, maar jou ook kan help om te bepaal of jy byvoorbeeld aan depressie ly.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAlhoewel hierdie boek nie as ’n plaasvervanger vir professionele psigoterapie dien nie, kan dit jou help om insig tot jou eie menswees en die mense om jou te kry. Die antieke Grieke het dit nie verniet gesê nie: \"Ken jouself.\"\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48734547149039,"sku":"WIE04801","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/sdada_6837d93f-c338-4d07-817e-b5dc00fd0942.jpg?v=1776198134","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/wie-is-ek-louis-awerbuck-en-lise-swart-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}