{"product_id":"wals-met-matilda-dan-sleigh-first-edition","title":"Wals met Matilda - Dan Sleigh (First edition)","description":"\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDie see. ‘n Woonstel. Op die balkon ‘n skrywer. Die skrywer kyk af na die blou buitelyn van ‘n man wat hom op die plaveisel onder hom doodgeval het, dwing dan sy blik weg en kyk ver oor die flikkerende vroemôresee. Dit is vir hom asof ‘n vreemder wordende wêreld die woonstel teen die see vasdruk tot dit ‘n eiland word.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDie skrywer wag op ‘n besoeker. Hy weet sy is gestuur. Sy uitgewery het lank genoeg gepleit om ‘n nuwe werk uit die pen wat voorheen die kasregisters laat klingel het. Sý is hul troefkaart.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDie vrou waai soos ‘n stormsterk suidooster by die woonstel in. Die skrywer gooi wal, hy skerm, hy vlug . . . maar kom stelselmatig agter sy enigste verweer is ‘n verhaal. Hy vertel wat dit is wat die donker kolk in hom uitgeruk het, en al vertellende herleef in hom ‘n ander verhaal, die verhaal van ‘n jong man se ontdekking van die groot, groot onbekende. Al vertellende word die verstokte skrywer se skermutseling ‘n dans. Uiteindelik wals hy weer met die muse, en dit is noodwendig die lewe-dood-dans, die dans van die menslike bestaan.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":51409144283375,"sku":"WAL05795","price":109.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdsaa.jpg?v=1793824621","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/wals-met-matilda-dan-sleigh-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}