{"product_id":"voor-die-oog-van-hierdie-son-maretha-maartens-first-edition","title":"Voor die oog van hierdie son - Maretha Maartens (First edition)","description":"\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eOp 24 April 1939 skryf Hanna van der Merwe op die eerste bladsy van haar plakboek 'n vers uit Psalm 107: \u003cem\u003eToe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.\u003c\/em\u003e Sy is agttien en pas verloof.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eDrie-en-veertig jaar later lê sy ná 'n oogoperasie hulpeloos op haar hospitaalbed, met net haar gedagtes om haar besig te hou. Sy dink aan haar jeug in die huisie langs die treinspoor, die vroeë jare van haar huwelik met Niklaas, die grootword van hul kinders.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eEn onvermybaar wag 'n konfrontasie met haarself wat sy nog al die jare ontwyk het, met haar as ontnugterde middeljarige vrou vol onvervulde verwagtinge. Dis soos Niklaas sê: die lewe wat sy op agttien so vol geloof saam met hom tegemoetgegaan het, was toe nié die hawe van haar begeerte nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eSy het nou by 'n waterskeiding gekom, weet sy. Instinktief en uit jarelange gewoonte reik sy in hierdie oomblik na haar Skepper. En soos Gezelle ontdek sy hoe lank die brose hart kan leef van selfs één oomblik se intense geluk.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003e\u003cem\u003eVoor die oog van hierdie son\u003c\/em\u003e is die verhaal van 'n vrou se lewensreis – \"alleen en onbeskut voor die oog van die son\" – na selfkennis, en daardeur ook na haar naaste en na God. Dis 'n roman wat elke gevoelige leser diep sal raak.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49563377598703,"sku":"VOO04935","price":74.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/sadas_714e1f07-2068-4998-a850-a80e992dfc06.jpg?v=1779136292","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/voor-die-oog-van-hierdie-son-maretha-maartens-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}