{"product_id":"vliegoog-abraham-h-de-vries","title":"Vliegoog - Abraham H. de Vries","description":"\u003cp\u003eHierdie bundel toon 'n baie duidelike ontwikkeling in die werk van De Vries wat reeds sy naam in die Afrikaanse letterkunde gevestig het as een van ons voorste kortverhaalskrywers. Van suiwer realistiese situasiebeelding het De Vries nou ontwikkel na die moderne idioom waarin die werklikheid eerder verduister as verklaar word. Maar dit word met so 'n vonkelende, prikkelende perseptuele waarneming gedoen dat dit vir die leser wat hom die tyd gun om dieper as die oppervlakte te gaan, 'n nuwe, vreemde bewustheid van lewe bring.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDe Vries se siening van die lewe en die werklikheid het 'n fyn satiriese inslag, maar toon daarby ook 'n besondere deernis met die lot van die mens. ,Vliegoog' kan op dieselfde vlak geplaas word as die beste kortverhale van Europese skrywers wat van hierdie genre iets heeltemal nuuts gemaak het.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49817258459375,"sku":"VLI05047","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasdas_d95b9894-9f89-464a-9668-57f4ccb6d689.jpg?v=1781730144","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/vliegoog-abraham-h-de-vries","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}