{"product_id":"ver-land-van-vrede-marzanne-leroux","title":"Ver land van vrede - Marzanne Leroux (First edition)","description":"\u003cp\u003e\u003cem\u003e\"Ek is rou geskawe deur tradisies en insettinge. Ek is sat van mense wat te bang is om te lewe, bang om iets te doen wat nie honderd jaar lank al op die proef gestel is nie. Ek is siek om van die voorgeslagte te hoor. Ek is siek van die vrees vir God, wat jou elke oomblik wil verpletter as jy nie nougeset in die spoor van sy gebooie loop nie. En ek is onbeskryflik siek vir hierdie kleinlike lewe wat my in 'n vorm wil giet waarin ek nooit sal kan pas nie.\"\u003c\/em\u003e\u003cbr\u003eJ\u003cbr\u003eeanne.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eJonk. Tradisie en godsdiens in haar bloed, maar sterker nog — die wil om vrye mens te wees, om self te soek na sin in haar lewe.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDan sterf haar geliefde tweelingbroer, Antonie. Jeanne is verblind deur smart; sy besluit sy sal niemand ooit weer só liefhê dat God haar opnuut kan tref nie. Sy verlaat die Vallei waar sy grootgeword het en begin 'n nuwe lewe in die stad.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHier ontmoet sy twee mans: Jon, die gelowige jong kitaarspeler wat sy nie durf liefhê nie, en Shimon, die ouer een aan wie sy geheg raak, maar wat nooit die sagte, weerlose kol in haar sal kan aanraak nie. Sy doen 'n berekende keuse: sy gee haar aan Shimon oor.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar hoe lank kan sy haar werklike gevoelens verloën? Hoe lank kan sy die liefde van God ontwyk?\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cem\u003eVer land van vrede\u003c\/em\u003e is die aangrypende verhaal van 'n soekende jong mens. Dit begin in die Kaap en maak 'n vreemde draai in 'n oorlogsituasie in Israel. Die leser word uiteindelik ryker gelaat aan begrip vir mense soos Jeanne.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50440578564335,"sku":"VER02541","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/ada_3cc73548-f0fc-448f-a004-f093527cd2bc.jpg?v=1786653889","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/ver-land-van-vrede-marzanne-leroux","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}