{"product_id":"vaselinetjie-anoeschka-von-meck-2","title":"Vaselinetjie - Anoeschka von Meck","description":"\u003cp data-start=\"49\" data-end=\"1031\" class=\"\"\u003e“Wow, maar dis mooi! Ek het nog nooit so ‘n kamer gesien nie,” sê Vaselinetjie. “Kyk net al die blink materiaal!”\u003cstrong data-start=\"49\" data-end=\"166\"\u003e\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003c\/strong\u003ePuck glimlag breed.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"188\" data-end=\"191\"\u003eWeerskante van die bed is tafeltjies met lanternlampies. Teen die een muur is stapels tydskrifte en bo-op elke stapel staan ‘n paar van die mooiste en hoogste spike-heeled shoes wat Vaselinetjie nog ooit gesien het.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"406\" data-end=\"409\"\u003ePuck maak die klerekas oop. “Try dit ... en dit,” gee sy vir Vaselinetjie uitrustings aan.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"498\" data-end=\"501\"\u003eDie res van die middag speel hulle model-model. Puck grimeer Vaselinetjie se gesig en hulle oefen om met Maud se skoene te loop.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"627\" data-end=\"630\"\u003e“Dis een van die lekkerste dae van my lewe,” lag Vaselinetjie.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"692\" data-end=\"695\"\u003eMaar dit bly nie lekker nie. Toe Maud terugkom, sê sy: “Lolita, aangesien julle bokkies hier rondhang asof dit vakansie is, dink ek dis tyd dat jy vir jou ‘n outfit uit my kas bymekaarsit. Dis sulke tyd, pet!”\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"904\" data-end=\"907\"\u003e“Wat bedoel jou ma met \u003cem data-start=\"930\" data-end=\"941\"\u003esulke tyd\u003c\/em\u003e?” vra Vaselinetjie later vir Puck. Maar Puck draai van haar af weg en wil nie gesels nie.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47038409146607,"sku":"VAS04134","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/das_d40647e0-d0a6-43c5-a7e5-2310313b5fe3.jpg?v=1746275450","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/vaselinetjie-anoeschka-von-meck-2","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}