{"product_id":"van-spoke-gepraat-byeengebring-deur-charles-fryer-first-edition","title":"Van spoke gepraat - Byeengebring deur Charles Fryer (First edition)","description":"\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eDrie en dertig skrywers span hier saam om die leser koue rillings te gee: van ons beste gevestigde skrywers tot belowende jongeres. Die verhale – nuut geskep, behalwe twee voortreflikes wat reeds verskyn het – gaan grotendeels oor dwaalgeeste of teenwoordig-hede uit 'n ander dimensie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eGeeste wat nie tot rus kan kom nie, dwaal in 'n ou plaashuis, in die waaksaal van 'n hospitaal, of in die nagmis langs die see. 'n Mistieke teisteraar vervul 'n jong meisie met 'n mengsel van bekoring en vrees, terwyl ander gryslanders kom om geliefdes te troos ná 'n skielike dood. 'n Ou hond bring 'n boodskap uit die skimmeryk, en 'n wit koei stap sielig deur doringdraad. En een stormnag staan die spookvrou van Uniondale langs die pad om te ryloop ...\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eDie meeste van die verhale is fiktief, ander gedeeltelik, en enkeles is op werklike ervarings gegrond. Soms lê die ondervinding – deur 'n droom of visioen – op die rand van die werklikheid.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eNá die lees van hierdie boek sal \"spoke\" nooit weer dieselfde wees nie. Maar wees gewaarsku: Moenie al die verhale op 'n streep lees nie. Laat elkeen uit eie reg by jou spook.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49527155228911,"sku":"VAN04929","price":84.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_de093544-9661-4ef5-951c-cb8c2edd1f2b.jpg?v=1779035834","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/van-spoke-gepraat-byeengebring-deur-charles-fryer-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}