{"product_id":"twee-vroue-elsa-joubert-first-edition","title":"Twee vroue - Elsa Joubert (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"101\" data-end=\"358\"\u003eDie lotgevalle van ’n vrou wat tot die uiterste beproef word, is reeds ontgin in drie meesterwerke deur Elsa Joubert: \u003cem data-start=\"219\" data-end=\"235\"\u003ePoppie Nongena\u003c\/em\u003e, \u003cem data-start=\"237\" data-end=\"261\"\u003eOns wag op die kaptein\u003c\/em\u003e en \u003cem data-start=\"265\" data-end=\"281\"\u003eDie Wahlerbrug\u003c\/em\u003e. Die meevoerende novelles in \u003cem data-start=\"311\" data-end=\"323\"\u003eTwee vroue\u003c\/em\u003e sluit op boeiende wyse hierby aan.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"360\" data-end=\"872\"\u003eIn \u003cem data-start=\"363\" data-end=\"376\"\u003ePampas reis\u003c\/em\u003e Elvira vroeg in die vorige eeu na Argentinië, waar sy in aanraking kom met vreemde mense en ’n vreemde landskap. Die ruimte van die vlakte wat haar alkante omring, die roerende glinstering van die skuinsgewaaide gras, vul haar oë, haar kop, haar hande, haar lyf … In afsondering, haar eensameheid versterk deur ’n liefdelose huwelik, word sy gekonfronteer met die grense in haarself, kom sy te staan voor die beperkinge van haar menslikheid en worstel sy met die onherroeplikheid van haar keuse.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"874\" data-end=\"1189\"\u003eIn \u003cem data-start=\"877\" data-end=\"887\"\u003eKlooster\u003c\/em\u003e vertrek Helena saam met drie mans op ’n soektog na ’n verlore manuskrip. Maar tussen die bonkige mure van ’n massiewe vesting en teen die hange van ’n berg wat uitstyg bó die wye woestynlandskap, onderneem sy haar eie ontdekkingstog: ’n fisieke en spirituele reis, gevoer tot ’n evokatiewe hoogtepunt.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1191\" data-end=\"1362\"\u003eIn \u003cem data-start=\"1194\" data-end=\"1206\"\u003eTwee vroue\u003c\/em\u003e word uiteenlopende verhale gekontrasteer. Maar dit is ook die verhaal van elke vrou oral, en uiteindelik ’n kroniek van die mens in konflik met die natuur.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47668695498991,"sku":"TWE04642","price":139.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_3fa6f09e-3f45-4d5b-bc8c-fdfa7d8a4005.jpg?v=1770753407","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/twee-vroue-elsa-joubert-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}