{"product_id":"tussen-stasies-irma-joubert","title":"Tussen stasies - Irma Joubert","description":"\u003cp dir=\"ltr\"\u003e'n Treinreis, dink Jakób, is soos die lewe self. 'n Mens is die hele tyd op pad iewers heen. Jy klim by jou bestemming af, vertoef korter of langer, klim altyd weer by 'n stasie op na 'n volgende bestemming. Maar die trein hou aan loop, of 'n mens afgeklim het of nie. En selfs as jy nooit weer op die trein klim nie, stoom die trein onstuitbaar voort. Behalwe as iemand 'n treinbrug opblaas. Aspris. Per ongeluk.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eHy moes 'n besluit neem, vir haar beswil. 'n Besluit wat aan Jakób Kowalski bly vreet. Nà die treinrit van Pole af bly Gretl op die stukkende trappe van 'n stukkende kerk in Duitsland agter – klein, uitgeteer, met net die dokumente dat sy suiwer Aries is, haar pa 'n gevalle SS-soldaat. En haar groot geheim. As een van die Duitse wesies kom sy Suid-Afrika toe, word sy 'n Christen-Afrikaner-meisie. Gekoester. Gelukkig. Maar mettertyd word die realiteit meer reёel, word dit al moeiliker om te ontsnap na haar sprokiewêreld. En haar drome word erger – die vuur wat sy nie kan blus nie, nie verstaan nie, waarvan sy nie kan wegkom nie. Soos van haar geheim. Net Jakób, ver in Pole, sal verstaan. Mag daarvan weet. Kan miskien help heelmaak.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003e\u003cem\u003eTussen stasies\u003c\/em\u003e is 'n verhaal van die mens se onmag teen die noodlot wat dreig om sy geluk te verwoes. Maar dis ook 'n verhaal van die mag van sy gees om bo dit uit te styg en te oorwin.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50440595734767,"sku":"TUS02527","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_f2404672-662a-42c8-adb5-150fa845bb11.jpg?v=1788681613","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/tussen-stasies-irma-joubert","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}