{"product_id":"trompie-en-saartjie-die-eerste-ontmoeting-topsy-smith","title":"Trompie en Saartjie: Die eerste ontmoeting - Topsy Smith","description":"\u003cp data-start=\"33\" data-end=\"226\"\u003eDie mense van Kwaggaberg het al baie dinge oor ou Trompie gesê, maar niemand kan sê hy slaan aan meisiekinders nie … daarvoor is die Groot Kaptein van die Boksombende darem te veel van ’n heer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"228\" data-end=\"247\"\u003eSo ’n mooie meisie!\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"249\" data-end=\"452\"\u003eEn sy wil hom sommer hier in die straat takel oor hy haar boetie per abuis half verongeluk het – ’n blote ongeluk dat die mannetjie so bebloed en gekneus by sy sussie aangehol gekom het, kan hy dit help?\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"454\" data-end=\"516\"\u003e’n Geitjie van ’n meisiekind, maar mooi!\u003cbr\u003eO Saartjie, Saartjie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"518\" data-end=\"720\"\u003eMaar nee, eers moet Trompie en Saartjie kragte meet – soos man teen meisie. Sy moet eers haar astrantheid wegskrik; sy en haar haasbek-broer sal uit die Boksombende se hande kom eet, só sal hulle skrik.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"722\" data-end=\"781\"\u003eO so? Ag so? dink Saartjie. Ons sal sien wie skrik vir wie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"783\" data-end=\"804\"\u003eO Saartjie, Saartjie!\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"806\" data-end=\"919\" data-is-last-node=\"\" data-is-only-node=\"\"\u003eEn Trompie wonder of dit nou die regte oomblik is om te sê: “Jy’s … jy’s vir my … en ek’s vir jou, Saartjie, hè?”\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49246867357935,"sku":"TRO04846","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_aa34d8e7-cb9b-4be3-847e-b8df89a0d801.jpg?v=1777153013","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/trompie-en-saartjie-die-eerste-ontmoeting-topsy-smith","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}