{"product_id":"toorberg-etienne-van-heerden-first-edition","title":"Toorberg - Etienne van Heerden (First edition)","description":"\u003cp\u003eIn die wilde nagte of bedags as die son bloed uit ’n klip wil trek en ’ n mens se gedagtes koorsig maal - en dan loop waarheid en verdigsel, geskiedenis en toekoms, lewe en dood deurmekaar op Toorberg, erfgrond van die Moolmans. \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHiermee moet die magistraat rekening hou wanneer hy die dood kom ondersoek van klein Noag, ’n kind van die weemoed, wat nie heeltemal van dié aarde was nie. En daagliks kring die saak uit, verdiep dit totdat dit selfs die wese van die regspraak uitdaag. Daar word van die magistraat verwag om oor ’n hele stam te oordeel, oor die lewendes én die dodes. Hy moet elkeen se skuld bepaal en daarom almal se \"sondes oopkrap.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar die Moolmans is n familie wat \"van die oerdae vir hul eie sondes leer sorg het.\" Ouers sny kinders uit hul lewens, stoor hulle opsy as Stief-Moolmans-\"weggooivelle\" in die Stiefveld, of stedelinge wie se name nie meer oor hulle lippe kom nie. Die Moolmans vergewe nie. Nie as hul stambloed verraai word nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eToorberg is ’n bewys van die reikwydte van Etienne van Heerden se talent. Hy het reeds bekroonde werk gelewer met ’n jeugroman en ’n versameling kortverhale, My Kubaan. Hy is ook bekend as digter en kabaretskrywer en vir die aktuele roman Om te awol. Nou dra hy by tot die vernuwing van die Afrikaanse romankuns met een van die mees ongewone prosawerke van die laaste jare. Dié roman kon slegs hiér en nóú ontstaan het.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50129207165167,"sku":"TOO05105","price":139.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasdas_222befdf-93d0-4f60-9ab9-936e1aa6ffd3.jpg?v=1783197872","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/toorberg-etienne-van-heerden-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}