{"product_id":"suidpunt-jazz-andre-letoit-first-edition","title":"Suidpunt-jazz - André Letoit (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"79\" data-end=\"131\"\u003e\u003cem data-start=\"79\" data-end=\"131\"\u003eSuidpunt-jazz – die alternatiewe Groot Trek-roman.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"133\" data-end=\"293\"\u003eReg, mense. Julle weet wat oor die Groot Trek in die geskiedenisboeke staan. Julle’t gehoor van die twee gedenktrekke. Julle’t selfs die feeswaens op TV gesien.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"295\" data-end=\"463\"\u003eNá al dié gedoe: lees nou die boek – die Ware Verhaal deur Een Wat Self Daar Was. Piet Retief, alias Libido alias – wel, alias die sogenaamde punk-skrywer André Letoit.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"465\" data-end=\"901\"\u003eEn dis nie al nie, liewe leser. In jou hand hou jy boonop die Groot Afrikaanse Roman. ’n Spul literêre jazz wat ons Suidpunt tot in sy fondamente kan skud. Terwyl jy dit lees, word dit deur Letoit geskryf (á la die post-modernistiese idioom, hoe dan anders?) en gebeur daar as’t ware voor jou oë die vreemdste dinge. Alles natuurlik in die speelse, satiriese teken van die metaroman en demitologisering en ontluistering van al wat roer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"903\" data-end=\"1133\"\u003eMaar hoe ook al, jy gaan kennis maak met Timo Bezuidenhout en sy tydmasjien, met die engel Peanuts, met Piet Retief en kie, en ’n verbysterende stoet ander onwaarskynlike karakters en taferele soos net Letoit hulle kan byeenbring.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1135\" data-end=\"1451\"\u003eAs jy al ooit gewonder het wat ’n ossewa gemeen het met ’n Casspir, of hoe só min Boere só baie impies kon bedinges, hoe ’n Ware Afrikaner daar uitsien en wat van al Adriaan Nieuwoudt se kubuskoeverte geword het, of, les bes, wie Eugène Terre’Blanche in sy vorige lewe was – dan is \u003cem data-start=\"1417\" data-end=\"1432\"\u003eSuidpunt-jazz\u003c\/em\u003e die roman vir jou.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48781936689391,"sku":"SUI04808","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdas_69e7e8ea-f6e5-4761-b12b-241daa1d3ebb.jpg?v=1776289107","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/suidpunt-jazz-andre-letoit-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}