{"product_id":"steinhoff-en-die-stellenbosse-boys-james-brent-styan-first-edition","title":"Steinhoff en die Stellenbosse boys - James-Brent Styan (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"304\" data-end=\"537\"\u003eOp Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R193 miljard werd. Skaars 24 uur later is meer as R117 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-ryk, wat oor 50 jaar tot ’n internasionale kolos opgebou is, het oornag verkrummel.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"539\" data-end=\"740\"\u003eMarkus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het bedank en sedertdien val geraamtes die een ná die ander uit sy kas: bewerings van bedrog, spoghuise vir ’n blonde minnares en ’n lewe van oordaad.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"742\" data-end=\"1376\"\u003eWat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit alles met die sogenaamde “Stellenbosch-mafia” te doen? Hoe pas die magnaat Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waar is die pensioenarisse se geld heen? Die bekende skrywer \u003cstrong data-start=\"1019\" data-end=\"1040\"\u003eJames-Brent Styan\u003c\/strong\u003e beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstorting in die geskiedenis van Suid-Afrika. Deur onderhoude met bronne in die binnekring, inligting uit vertroulike dokumente en dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, gee Styan die publiek ’n blik op die binnewerkings van die groep.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1378\" data-end=\"1544\"\u003e\u003cem data-start=\"1378\" data-end=\"1414\"\u003eSteinhoff en die Stellenbosse boys\u003c\/em\u003e is die eerste volledige weergawe van hierdie boeiende sakriller wat nog dekades lank in raadsale en sitkamers oorvertel sal word.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47945844326639,"sku":"STE04705","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/adasdsa_3c6fb8fd-6167-4fe5-829f-5d334f499af2.jpg?v=1773088155","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/steinhoff-en-die-stellenbosse-boys-james-brent-styan-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}