{"product_id":"somer-ii-koos-kombuis","title":"Somer II - Koos Kombuis","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eDIE GROOTSTE PROBLEEM VAN DIE LEWE IS DIE DOOD.\u003c\/strong\u003e\u003cbr\u003e\u003cstrong\u003eDIE TWEEDE GROOTSTE PROBLEEM VAN DIE LEWE IS DIE LEWE.\u003c\/strong\u003e\u003cbr\u003e\u003cstrong\u003eDIE DERDE GROOTSTE PROBLEEM VAN DIE LEWE IS UITGEWERS.\u003c\/strong\u003e\u003cbr\u003e\u003cstrong\u003eUITGEWERS IS MY DOOD.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar die jong skrywer – ene André Letoit, in die regte lewe André le Roux du Toit – het hom voorgeneem hy gaan die hele Afrikaanse letterkunde omkeer en herorganiseer om hom te pas. Dus stap hy by 'n uitgewer se kantoor binne en laat sy manuskrip daar – met streng instruksies dat die uitgewer dit nie mag lees nie …\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMet hierdie heruitgawe van die roman het die skrywer reeds meer as net die letterkunde omgekeer – as Koos Kombuis, die sanger, die skrywer, als.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\"Gelukkig is daar baie humor in die boek,\" skryf hy in sy voorwoord. \"As dit nie vir die humor was nie, was hierdie bes moontlik die swakste en deurmekaarste boek wat nog ooit in ons taal verskyn het.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e[Nota van die uitgewer, as Derde Grootste Probleem in die Skrywer se lewe: Die deurmekaargeit is natuurlik deel van die humor.]\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50909273456879,"sku":"SOM05732","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdas_98e1acbc-be5c-4482-b196-1af684529203.jpg?v=1791237014","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/somer-ii-koos-kombuis","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}