{"product_id":"prooi-deon-meyer","title":"Prooi - Deon Meyer (Bennie Griessel #6)","description":"\u003cp\u003eGriessel en Cupido wil nie die dossier hê nie. Die een van Johnson Johnson, die oudpoliesman wie se lyk langs die treinspoor anderkant Drie Susters gekry is.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWant die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die plaaslike SAPD, afgedwing op die Valke.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEn daar's sommer vroeg al tekens van aapstreke: Twee van die passasiers op die wêreld se luuksste trein is spoke. Hulle bestaan nie. Die arrogante offisiere by die BBP-Beskermingseenheid in Pretoria lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting. En daar's groot druk van bo af om dit selfmoord te noem.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit lyk al hoe meer of dié ding oor landsgrense strek.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit lyk al hoe meer na die groot S-woord. Staatskaping.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit lyk al hoe meer na moeilikheid.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAl weer.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50234790576367,"sku":"PRO05208","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/sadasd_67e18f13-7ec9-4474-b54b-d714f59ec5b6.jpg?v=1785361825","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/prooi-deon-meyer","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}