{"product_id":"plaasmoord-karin-brynard","title":"Plaasmoord - Karin Brynard","description":"\u003cp data-start=\"45\" data-end=\"240\"\u003ePlaasmoorde het nooit juis vastrapplek gekry in die ylbevolkte Noord-Kaap nie – maar dan word die drie en dertigjarige opkomende skilder Freddie Swarts en haar aangenome dogter aaklig vermoor.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"245\" data-end=\"513\"\u003eSpeurder-inspekteur Albertus Beeslaar, pas uit Johannesburg verplaas om 'n nuwe veediefstal-eenheid op die been te bring, moet die hoëprofiel-plaasmoord oplos. Maar sy grootste stryd is waarskynlik teen homself – hy's net nie meer die gatskop-polisieman van vroeër nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"518\" data-end=\"769\"\u003eKort voor lank word Beeslaar en die vermoorde vrou se suster, Saar, ingetrek by bisarre gebeure soos die moord op 'n bobbejaan, 'n veediefstal-sindikaat wat sangomas inspan, 'n groep boere-vigilantes wat oorlog verklaar teen die geweld in die land ...\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"774\" data-end=\"802\"\u003eEn uiteindelik nóg 'n moord.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49808589881583,"sku":"PLA05035","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/adasda_d0b65cca-610f-4fc9-8c84-bfd78e412924.jpg?v=1781556816","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/plaasmoord-karin-brynard","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}