{"product_id":"om-die-aarde-aan-te-haal-en-ander-gedigte-saamgestel-deur-carine-janse-van-rensburg-1","title":"Om die aarde aan te haal en ander gedigte - Saamgestel deur Carine Janse van Rensburg","description":"\u003cp data-start=\"79\" data-end=\"163\"\u003e\u003cstrong data-start=\"79\" data-end=\"163\"\u003e“Dit verg ’n fyn oor en ’n fyner taal\u003cbr data-start=\"118\" data-end=\"121\"\u003eom die aarde nóg helderder aan te haal.”\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"165\" data-end=\"799\"\u003eIn hierdie pragbundel verhef die eerste gedig, met dié titel \u003cem data-start=\"227\" data-end=\"255\"\u003e“Om die aarde aan te haal”\u003c\/em\u003e, van die Aarde as ’n plek van oorsprong, ons blyplek en ons toekoms. Die digter worstel om die “fyner taal” te vind wat die betekenis en waarde van Moeder Aarde duidelik kan laat klink. Daarmee druk die digter ook iets van die waarde van poësie uit; soos Gerrit Komrij in sy inleiding tot Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte aandui, teken dit op wat uit die verlede waardevol bly; gee dit ons sowel ankerpunte as drome in ons daaglikse bestaan, en vir die toekoms is dit ’n bewaarplek – ’n “magasyn” van wat waardevol bly.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"801\" data-end=\"1117\"\u003eDie gedigte is natuurlik nie net gekies om te weerspieël wat poësie is nie. Dit wil ook iets van die leefwêreld van die hedendaagse leser weergee: die skoonheid van die aarde, die verrukking van die liefde, die hoop op ’n sinvolle toekoms en die betekenis van elke oënskynlik onbelangrike mens se aardse bestaan.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49493635301615,"sku":"OMD04891","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdas_ad55172a-c257-49de-b6a7-b5536bbe0039.jpg?v=1750544617","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/om-die-aarde-aan-te-haal-en-ander-gedigte-saamgestel-deur-carine-janse-van-rensburg-1","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}