{"product_id":"nogtans-sal-ek-jubel-audrey-blignaut","title":"Nogtans sal ek jubel - Audrey Blignaut","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e30 essays en vertellinge saamgestel deur Elize Botha\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"49\" data-end=\"377\"\u003eOp dié uitdagende, seëvierende woorde van die Ou-Testamentiese profeet Hábakuk is besluit toe 'n titel gesoek is vir 'n keur uit die werk van Audrey Blignault – nie net omdat dit die titel is van een van die essays in die bundel nie maar ook omdat die woorde ten grondslag lê van dié alombekende Afrikaanse skryfster se hele oeuvre.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"379\" data-end=\"705\"\u003eOf sy nou skryf oor 'n strandspieël, \"wat jou net nooit laat lyk soos jy wíl lyk nie\", of in dié gaan oor 'n afgrond van die gees waarvoor sy te staan gekom het, altyd is daar by Audrey Blignault die jubeltoon teenwoordig, wat uiting vind hetsy in 'n skaterlag, hetsy in 'n gebed dat \"die moed my geskenk word om ook te juig\".\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"707\" data-end=\"1344\"\u003eIn \u003cem data-start=\"710\" data-end=\"732\"\u003eNogtans sal ek jubel\u003c\/em\u003e leer die leser 'n skryfster ken wat self volledig mens is, iemand wat kan lag én huil, iemand wie se nuuskierigheid haar lei na die bekoorlikheid van 'n negentiende-eeuse sendingstasie, wat haar pelgrimstogte laat onderneem na die woonplekke in ver lande van haar geliefkoosde skrywers, wat haar die Tadj Mahal laat opsoek en ook 'n eenvoudige sandklipmonument vir die gestorwe Boere op Bermuda. Die leser leer 'n skryfster ken wat ernstig besin oor die mens en sy plek op aarde, iemand wat 'n hoopvolle en vreugdevolle lewenshouding rustig kan beredeneer, maar veral iemand wat blydskap in die alledaagse kan vind.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1346\" data-end=\"1774\" data-is-last-node=\"\" data-is-only-node=\"\"\u003e\u003cem data-start=\"1346\" data-end=\"1368\"\u003eNogtans sal ek jubel\u003c\/em\u003e wil in die woorde van die samesteller \"dieselfde aanskyn verkry as een van die nege bundels van Audrey Blignault self: 'n boek wat weerspieëling is van die verskeidenheid van onderwerp, die verskeidenheid van stemming en die verskeidenheid van vermoëns van die skryfster, en terselfdertyd getuienis is van die durende vreugde wat uit haar werk geput kan word\". Aan dié hoë verwagting word ruimskoots voldoen.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48224123486447,"sku":"NOG04765","price":64.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/sadasda_61e234fa-8632-48ba-8414-ebfcea5fc917.jpg?v=1775081328","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/nogtans-sal-ek-jubel-audrey-blignaut","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}