{"product_id":"n-wonderlike-geweld-jeugherinneringe-elsa-joubert-first-edition","title":"’n Wonderlike geweld: Jeugherinneringe - Elsa Joubert (First edition)","description":"\u003cp\u003e\u003cem\u003e'n Wonderlike geweld\u003c\/em\u003e is in wese 'n karakter-roman wat die vormingsjare uitbeeld van een van Afrikaans se bekendste skrywers.  \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eElsa Joubert groei op in 'n geborge omgewing, maar verlang terselfdertyd na 'n meer uitdagende lewe waarin sy haar kreatiewe talent tot uiting kan bring. Haar ouers speel hierin 'n kardinale rol: haar komplekse ma wat haar lewe probeer beheer, maar vir wie sy tog mettertyd begrip ontwikkel namate sy besef watter invloed die sterfte van 'n sussie gehad het; en haar simpatieke en ondersteunende pa van wie sy soms skerp verskil. Boeiend is ook 'n verhouding waarin godsdiens, musiek, weemoed en erotiek saamsmelt in die verwarde gemoed van die jong meisie – dié met haar vioolonderwyser, Herr Metzler.  \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDié outobiografiese vertelling oorskou Joubert se Bolandse kinderjare, haar studie aan die Universiteit van Stellenbosch, haar ervaring as onderwyseres op Cradock, haar nagraadse studie aan die Universiteit van Kaapstad en haar werk as joernalis by Die Huisgenoot. Totdat sy op 8 Maart 1948 as vyf-en-twintigjarige op die dek van 'n skip – die diep, donker water onrustig onder die kiel – staan, in afwagting op 'n alleenreis deur Afrika.  \u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit is 'n verhaal wat met verstommende detail 'n bepaalde era in die land se geskiednis uitbeeld, en daarby ook die wording van 'n skrywer. Met opwinding ontdek Elsa Joubert haar verbondenheid aan haar volk, maar ook die dwalinge van Afrikanernasionalisme. Die blywende beeld is dié van 'n vrou wat as kind reeds die drang na woorde ervaar, wat te midde van uiteenlopende invloede in die onstuimige tyd ná die Tweede Wêreldoorlog haar onafhanklike stem as skrywer vind.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49830565085423,"sku":"NWO05054","price":249.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_4ff1a4fc-26e2-4da3-bf53-342f48c5ddb8.jpg?v=1781977370","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/n-wonderlike-geweld-jeugherinneringe-elsa-joubert-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}