{"product_id":"n-man-van-belang-chris-karsten","title":"’n Man van min belang - Chris Karsten (First edition)","description":"\u003cp\u003e\"Wanneer het jy laas aan jou pa gevat?\"\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHy haal sy skouers op. In '95 in die Wimpy. Dis wanneer hy laas aan sy pa gevat het. En sy pa aan hom. Sy pa het vir hulle hamburgers bestel en oor die tafel na sy hand gereik en dit vasgehou en vir miskien tien sekondes het sy hand knus en warm soos 'n klein diertjie in die groot hand van sy pa gelê. Hy was verras deur dié onverwags intieme vertoon van geneentheid, want sy ma het altyd gesê: \"Jou pa is nie van die demonstratiewe soort nie. Hy's nie vatterig nie.\" Maar daardie aand in die Wimpy het sy pa sy hand vasgehou. Die laaste keer. Die volgende dag het hulle die tyding van sy dood gekry.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOp 'n fynbosplaas in die Langkloof word die oorskot van vier jongmense gevind. Onder dié wat antwoorde soek, is die amper-afgetrede joernalis Luther en die Struggle-veteraan Mosman. Mosman is direkteur van 'n obskure intelligensieafdeling, bemoeid met die identifikasie van die oorskot van dié wat verdwyn het tydens die gewelddadige doodsnikke van apartheid, en die opsporing van hul moordenaars. 'n Naam in 'n sprokiesboek lei hul na Luca Thom, mariene bioloog en seun van die polisieberader Eddie Thom, en na die jaar toe Luca sy pa verloor het.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50841576997103,"sku":"NMA02630","price":109.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasdas_4b116666-1d0c-4a10-a4ab-e7d02d9e4a34.jpg?v=1789853181","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/n-man-van-belang-chris-karsten","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}