{"product_id":"n-bruidsbed-vir-tant-nonnie-hennie-aucamp","title":"’n Bruidsbed vir Tant Nonnie - Hennie Aucamp","description":"\u003cp\u003eIn hierdie elftal verhale word die leser gekonfronteer met die eensaamheid van die mens. Dit is randfigure wat in hierdie ek-verhale uitgebeeld word – 'n boer wat die dood tegemoetgaan en nou die lewe vanuit dié hoek moet sien, 'n jong seun voor die skok van die lewe, 'n suster wat haar broer herberg en hom tog nie werklik kan ontvang nie, om maar net 'n paar te noem. Met knap ekonomiese hantering van taal én van situasie word elke karakter, outentiek volgens sy eie omstandighede en geaardheid gebeeld, voor die leser gestel en skep sy eie werklikheid. Elke verhaal is as 't ware 'n klein kol wit lig wat 'n bepaalde mens en daardeur 'n bepaalde waarheid binne 'n bepaalde situasie strak en helder tot openbaring laat kom.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEn elke verhaal is wesentlik gekonsipieer as storie waarin die illusie van spanning fyn volgehou word sodat die leser hom onmiddellik daarby betrokke voel en vir die duur van die verhaal elke ander werklikheid opgehef laat.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSoos in sy vorige verhale word 'n mens hier weer getref deur Aucamp se besonder fyn waarnemingsvermoë, sy vermoë om hom van sy karakters te distansieer en so mense in eie reg te skep wat in hul eie wêreld leef.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50440589508847,"sku":"NBR02553","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasd_4fe8b9e9-5d64-4722-a08a-c2333709698e.jpg?v=1787000508","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/n-bruidsbed-vir-tant-nonnie-hennie-aucamp","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}