{"product_id":"moerbeibos","title":"Moerbeibos - Dalene Matthee (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"36\" data-end=\"287\" class=\"PDq2pG_selectionAnchorContainer\"\u003eSilas Miggel is ’n man van eenvoud en van eer. ’n Bosmens wat sy mooie Mirjam op die oopte van Gouna se platrand grootmaak – eenkant, sodat hy haar kan weghou van mans. Dat hy onwettig woon op kroongrond wat vir immigrante opsygesit is, traak hom min.\u003cspan aria-hidden=\"true\" class=\"PDq2pG_selectionAnchor\"\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"289\" data-end=\"401\"\u003eHy is ’n man wat sy eie dink dink en wat sy staan kan staan. Moeilikheid soek hy nie, maar moeilikheid soek hóm.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"403\" data-end=\"628\"\u003eSoos die spul rumoerige Italiane wat op ’n dag op die platrand afgelaai word. Sywurmboere uit Italië wat ingevoer is om ’n sybedryf te kom vestig, en dít op ’n stuk aarde waar ’n moerbeiboom verseg om in die potklei te groei.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"630\" data-end=\"1017\"\u003eDat hulle in die strawwe boswinter, met sy aanhoudende reën en koorssiekte, met hulle kinders in tente moet sit, is maar die begin van die ellende. Hulle sukkel om hulle verstaanbaar te maak en om te verstaan wat in dié deurmekaar wêreld aangaan; hulle raak al hoe meer verbitter oor hulle deur die goewerment om die bos gelei en daarna vergeet is; en vir die ruigtes bly hulle doodbang.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1019\" data-end=\"1209\"\u003eSilas wil hulle nie daar hê nie, veral nie om sy dogter nie, maar teen sy sin raak hy betrokke by hulle lot; word hy sieketrooster en vredemaker. En planmaker. Want die Italiane wil hy op ’n skip kry, terug na Italië. Hulle is klipmense, nie bosmense nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaar Silas Miggel staan mаn-alleen teen die goewermentswiel, en dié rol stadig maar onverbiddelik.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEn boonop raak sy meisiekind onregeerbaar: party dae verdwyn sy net en kom die aand stralend terug, en sy steek haar geheim weg soos die Bos sy lelies.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMoerbeibos is 'n verhaal wat op ware feite gebaseer is. Dis vol gebeurlikhede: amusant, en soms snaaks; ontroerend, met plek-plek tragiese aksente.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDit dra, nes \u003cem\u003eKringe in 'n bos\u003c\/em\u003e en \u003cem\u003eFiela se kind\u003c\/em\u003e, die onmiskenbare stempel van Dalene Matthee se vertellersgawe.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50234790150383,"sku":"MOE05195","price":139.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_7dbdcee2-44e3-43e3-bc77-c18e81148c1f.jpg?v=1785097197","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/moerbeibos","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}