{"product_id":"mal-hansie-en-ander-verhale-audrey-blignaut","title":"Mal Hansie en ander verhale - Audrey Blignaut (First edition)","description":"\u003cp dir=\"ltr\"\u003eTer viering van Audrey Blignault se tagtigste verjaardag vestig Hennie Aucamp en Elize Botha met hierdie bloemlesing die aandag daarop dat sy benewens essays ook rasegte kortverhale geskryf het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eIn 'n bestek van veertig jaar het Audrey Blignault tien bundels essays gepubliseer – van \u003cem\u003eIn klein maat\u003c\/em\u003e in 1955 tot \u003cem\u003ePas op vir Jantatarat\u003c\/em\u003e in 1979. Boeke wat wyd aanklank gevind het. Want hulle \"is doepa vir 'n dikbek; vonk vir 'n vaal dag; laai 'n mens opnuut vir die avontuur van die lewe, wat nie ver is nie, maar in en rondom jou\" (Berta Smit).\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eIn \u003cem\u003eDie blye dae\u003c\/em\u003e van 1965 verskyn die eerste volwaardige vertelling tussen die essays: \"Mal Hansie\". Daarna word dié soort tekste talryker, veral in \u003cem\u003eDie plesierboom\u003c\/em\u003e (1967) en \u003cem\u003eDie rooi granaat\u003c\/em\u003e (1970).\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003e\u003cem\u003eMal Hansie en ander verhale\u003c\/em\u003e bied vir die eerste keer hierdie gewilde en ontroerende vertellinge in een band, met illustrasies deur Cora Coetzee.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDit is 'n volwassene wat veral terugkyk op haar jeug en dan 'n kind aan die woord stel: 'n meisietjie wat nie kan aanvaar haar oupa is dood nie, wat 'n baie ongeseënde Kersfees beleef, of deur skuldgevoelens geteister word toe 'n pestilensie van 'n buurseun hom byna morsdood uit 'n pruimboom val. Die kind ervaar gesinsverbrokkeling, liefdesarmoede en die wanhopige verset van 'n onvriendelike oom teen ouderdom en aftakeling. Maar ook die verwondering wanneer 'n seun op 'n reënerige oggend so anders en belangrik vir haar word.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDis verhale wat, in Audrey Blignault se woorde, vertel \"van die enigste spoor wat nie vergaan nie – die spoor wat een mens laat op die hart van 'n ander\".\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50698648977647,"sku":"MAL02585","price":119.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdas_3c0a9026-ba29-417d-aff2-7f4c834078f1.jpg?v=1788899634","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/mal-hansie-en-ander-verhale-audrey-blignaut","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}