{"product_id":"lien-se-lankstaanskoene-derick-van-der-walt-1","title":"Lien se lankstaanskoene - Derick van der Walt","description":"\u003cp\u003e\u003cem\u003eLien verkyk haar aan die posters teen die mure. ’n Wit koepel en potblou lug en ’n nog blouer see op ’n Griekse eiland. Ou geboue in Jerusalem in die sonondergang. ’n Straatkafee in Parys met die Eiffeltoring op die agtergrond. Om weg te kom, is moontlik. Dié vreemde plekke het name. ’n Mens kan daaraan vat. Sy kry hoendervleis.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eVir Lien Jooste het haar matriekjaar onverwags in ’n nagmerrie ontaard. Dinge by die huis kan nnoit weer dieselfde wees nadat alles oornag uitmekaar geval het nie. Om weg te kom, lyk vir haar na die enigste uitweg. Weg van die huis, weg van die aaklige skool waarin sy onverwags beland het, en veral weg van haar ma. Maar om weg te kom, kos geld. Geld wat sy nie het nie...\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cem\u003eLien se lankstaanskoene\u003c\/em\u003e is die aangrypende verhaal van ’n matriekmeisie wat te midde van ’n familiekrisis leer dat ’n mens meestal slegs twee keuses het: óf jy sink, óf jy swem.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48233909453039,"sku":"LIE04770","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/qwe_354e46b4-396f-4d83-85ca-4c95a41f0b33.jpg?v=1701528511","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/lien-se-lankstaanskoene-derick-van-der-walt-1","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}