{"product_id":"liegfabriek-etienne-van-heerden-first-edition","title":"Liegfabriek - Etienne van Heerden (First edition)","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eLiegfabriek\u003c\/strong\u003e is Etienne van Heerden se eerste prosawerk ná sy indrukwekkende roman \u003cem\u003eToorberg\u003c\/em\u003e, wat bekroon is met die W.A. Hofmeyr-, die CNA- en die ATKV-prys. Soos sy kortprosadebuut, \u003cem\u003eMy Kubaan\u003c\/em\u003e — waarvoor hy in 1984 die Eugène Maraisprys ontvang het — berus ook \u003cem\u003eLiegfabriek\u003c\/em\u003e op ’n wye register ervarings in eietydse Suid-Afrika. Onder meer is daar die \u003cem\u003eliegfabriek\u003c\/em\u003e — ’n adverteerfirma wat ’n nuwe segeskop-kabaret moet bemark. ’n rasgete Jersey-bul wat amok maak by ’n politieke begrafnis, die reis in ’n gestopte gesingapte en ’n donkiekar deur die verflore platteland, die dwaalende soektog na ’n fotograaf na sy laaste fotootjie, en die verhouding tussen ’n swart vegter en sy gevange Afrikaner.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDeurgaans tref die verbeeldingryke hantering van die woord, die fyn nuances waarmee menseverhoudinge uitgebeeld word, en die besondere vermoë tot situasieskepping. Boeiend is ook die wisseling in toon: van die nostalgiese tot die ironiese, tot ’n byna wrang ontroering.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cem\u003eLiegfabriek\u003c\/em\u003e is ’n bevestiging van Etienne van Heerden se sterk, veelsydige talent, ’n belangrike toevoeging tot ’n oeuvre wat reeds ’n onvervreembare plek in die Afrikaanse letterkunde gewen het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie skrywer het gewerk by ’n prokureursfirma, ’n rekenaarfirma, as dosent aan die Universiteit van Zoeloeland, en doseer tans aan die Universiteit Rhodes, Grahamstad.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48210309841135,"sku":"LIE04749","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/adsadas_eb2bd73f-4277-42e6-b3eb-bd2bb890906e.jpg?v=1731701597","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/liegfabriek-etienne-van-heerden-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}