{"product_id":"leipoldt-100-saamgestel-deur-merwe-scholtz","title":"Leipoldt 100 - ’n Bundel opstelle saamgestel deur Merwe Scholtz (First edition)","description":"\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDie bydraes tot hierdie Leipoldt-feesbundel kom van geesdriftiges uit 'n vir die Afrikaanse literatuur seldsame groot aantal lesersgenerasies. Bewus of onbewus, en in mindere of meerdere mate, belig hulle die verskynsel wat deur die sg. \"resepsie-teorie\" by monde van Hans Robert Jauss soos volg geformuleer is: \"The tradition of art presupposes a dialogue between the present and the past, according to which a past work cannot answer and speak to us until a present observer has posed the question which retrieves it from its retirement.\"\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDie bundel is daarom nie alleen insiggewend vanweë die (soms verrassende) herinterpretasies en -waarderings wat dit van soms heel \"bekende\" Leipoldt-tekste verskaf nie, maar ook vanweë die beeld wat dit gee van ons literêre kritiek en geskiedskrywing. Dit het daarom iets van die bruikbaarheid van, sê maar, David Daiches se bekende \u003cem\u003eCritical approaches to literature\u003c\/em\u003e wat sedert die middel van die vyftigerjare gereeld herdruk word. Net, in \u003cem\u003eLeipoldt 100\u003c\/em\u003e is die tekste meer eksplisiet byderhand as in Daiches se bloemlesing plus kommentaar.\u003c\/p\u003e\n\u003cp dir=\"ltr\"\u003eDie twee bydraes wat nie in die eerste plek oor Leipoldt se literêre werk handel nie, dié uit die kombuis- en die koeranthoek, het dit albei ook met \u003cem\u003etekste\u003c\/em\u003e te make. Die hedendaagse perspektiewe van die literatuurwetenskap maak dergelike studies veel meer relevant as wat literatuurwetenskaplike \"puriste\" van slegs enkele dekades gelede dit kon droom.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50440595603695,"sku":"LEI02524","price":299.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasdas_5592f10c-c990-4d98-8a31-8f385377cc52.jpg?v=1788643781","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/leipoldt-100-saamgestel-deur-merwe-scholtz","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}