{"product_id":"laat-vrugte","title":"Laat vrugte - C.M. van den Heever","description":"\u003cp\u003e\u003cstrong\u003eLAAT VRUGTE\u003c\/strong\u003e word beskou as C.M. van den Heever se rypste werk. In ander romans van die skrywer, soos \u003cem\u003eLangs die Grootpad, Groei\u003c\/em\u003e en \u003cem\u003eSomer\u003c\/em\u003e, maak ons kennis met die mens en sy stryd teen die aarde. In \u003cem\u003eLaat Vrugte\u003c\/em\u003e het ons hierdie selfde tema, maar nou is dit uitgebeeld op ’n manier wat ons oortuig van die mens se beperktheid, maar ook van sy ware grootsheid.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOom Sybrand, met al sy koppigheid en baasspelerigheid, voer ’n boer se stryd om die bestaan teen die kragte van die natuur. Terwille van sy aardse goed offer hy alles op wat vir hom liefde en geluk kan bring. Sy getroue vrou verwaarloos en verstoot hy, sy suster se stryd om te bestaan kan hy nie begryp nie, maar sy grootste dwaling begaan hy teenoor sy jong seun, Henning. Innerlik is hy jaloers dat Henning so kragtig uitgroei tot ’n man wat straks die eienaar van die ou familieplaas, Boskloof, sal word. Daar is diep in Oom Sybrand die ewige drang om te bly lewe en heers, maar intussen besluip die ouderdom hom op genadelose wyse en sy seun moet dan sy onredelike buie verdra.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSelfs met sy kranige ou moeder, tant Willa, kan hy nie tot ’n redelike vergelyk kom nie, want in albei werk die gees van taai boeregeslagte. Maar die natuurgebeure gaan rustig sy kringloop en Oom Sybrand word voor die onvermydelike gestel. Na sy vrou se dood tree hy in die huwelik met ’n jong, gewetenlose weduwee en van nou af is sy lewe een van onrus. As hy eindelik neergeslaan word in sy poging om kragtig en onbuigbaar te bly staan, is dit tog sy seun en dogter wat, intussen van hom vervreem, wat nou toon dat hulle uit dieselfde hout as hy gesny is en wat hom fier aan die einde steun. In die aanraking van sy seun het hy die komende geslagte aangeraak. So kan hy rus vind in die besef dat hy, wat straks soos ’n herfsblaar grond toe sal daal, deur sy seun, deur sy kleinkind verbonde is aan die oneindige kringloop van die tye en aan God.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50217890545903,"sku":"LAA05188","price":139.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/dasdasdsa_b11e9fb9-e8c6-4479-9b4d-cd8610277726.jpg?v=1784668992","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/laat-vrugte","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}