{"product_id":"korsies-van-growwebrood-p-h-nortje-first-edition-secondhand","title":"Korsies van growwebrood - P.H. Nortje (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"48\" data-end=\"565\"\u003eP.H. Nortje het in sy bekroonde jeugboeke soos \u003cem data-start=\"95\" data-end=\"111\"\u003ePennie se vuur\u003c\/em\u003e en \u003cem data-start=\"115\" data-end=\"132\"\u003eDie groen ghoen\u003c\/em\u003e oor sy jeugland geskryf – die plaaswêreld van die Baviaanskloof in die Winterhoekberge. Hy het dit so eg gedoen dat Audrey Blignault indertyd getuig het: As jy klaar gelees het, het “jy die korsie van jou bruinbrood in ’n blikkie turksvystroop geweek agter die koeniebosse by meester Van Rooy se skool”. Later volg sy bundels \u003cem data-start=\"459\" data-end=\"468\"\u003eSonkant\u003c\/em\u003e-sketse waarin hy die doen en late van die liewe Wellingtonners met ’n vonkel in die oog opteken.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"567\" data-end=\"1233\"\u003eIn al hierdie boeke is daar “verskuilde outobiografie”. Nou, in \u003cem data-start=\"631\" data-end=\"656\"\u003eKorsies van growwebrood\u003c\/em\u003e, word die waarheid vertel. Die vertelling sluit aan by sy bestaande skryfwerk, vul dit aan en verklaar heelwat. Hy het byvoorbeeld nog nie vantevore vertel hoe hy as kleuter met ’n blinde eend geboer het of van sy liefdesteleurstelling in sub A nie. Sy lesers was nog nie saam met hom op ’n “subskripsiedans” nie – waar ’n man maklik ’n “hooimied” as maat kan kry. Dan is daar ook die storie oor hoe Jan Draf die balhorige donkies die steiltes uitgekry het die keer met die groot uittog see toe. Saam met hom beleef ’n mens ’n toekomstige eerste minister se heldedaad toe twee \u003cspan class=\"citation-13\"\u003eplatjies palings wou vang. Hy verduidelik hoe \"die wilde, getroude voël\" hom sy Wellington-sketse laat skryf het, en hoekom hy sulke vrese had vir sy \u003c\/span\u003e\u003ci data-path-to-node=\"1\" data-index-in-node=\"150\"\u003e\u003cspan class=\"citation-13\"\u003eHuisgenoot\u003c\/span\u003e\u003c\/i\u003e\u003cspan class=\"citation-13 citation-end-13\"\u003e-storie oor die kwaadgemaakte kerkraadslid op die rugbyveld.\u003csup class=\"superscript\" data-turn-source-index=\"1\"\u003e\u003c!----\u003e\u003c\/sup\u003e\u003c\/span\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cdiv class=\"source-inline-chip-container ng-star-inserted\"\u003e\n\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\n\u003c\/div\u003e\n\u003cp data-start=\"567\" data-end=\"1233\"\u003e\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\u003c!----\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"2\"\u003eEn dan verbreek hy hier sy swye oor 'n belangrike deel van sy lewe: sy loopbaan as onderwysman, van \"hardekwas gimnastiekonderwysertjie\" op Douglas tot dosent en waarnemende rektor aan die Wellingtonse Onderwyserskollege. Dis pitkos vir onderwysers, studente en almal wat hulle eie skooldae wil herleef.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"3\"\u003eP.H. Nortje vertel nie saai chronologies nie; sy herinneringe loop loslit heen en weer in die tyd. Dis die lekker gesels in 'n sitkamer of langs 'n vuurtjie êrens in die Kouga — vol milddadige wysheid, nostalgie en humor.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48231820329199,"sku":"KOR04769","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_3d6b06f4-02a9-4497-9b74-683250460cbf.jpg?v=1775166527","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/korsies-van-growwebrood-p-h-nortje-first-edition-secondhand","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}