{"product_id":"klawervier-annelie-botes-1","title":"Klawervier - Annelie Botes","description":"\u003cp\u003eTwee bome van waar hy in die vroeoggendkoelte van die wattelbos sit, gewaar hy uit die hoek van sy oog 'n ritseling in die takke. Moet 'n voël wees, dink hy, en draai sy kop. Byna onsigbaar saamgesmelt met die groenbruin skadu's tussen takke en blare piep die omgekrulde stertpunt; twee dwarslote vorentoe steek die gekolde poot uit.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eHere! spring die vrees in hom op, hy wil nie só aan sy einde kom nie! Nie in hierdie godverdomde wattelbos nie waar hy jaar ná jaar kom uitkap het om te keer dat die wattels tot in die oneindigheid vermeerder en hul wortels diep in die watertafel van Sewesterfontein inbed. Nie só sonder 'n geweer nie!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWeer roer die blare. Die luiperd het vorentoe gesluip op die dik tak. Hierdie keer kry hy die kant van die kop in sig. Aan die kopgrootte en die nekdikte weet hy dis 'n mannetjie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eEn só, met die dood wat bokant hom in die boom lê en wag, begin Daniël Verryne se selfopgelegde dagwaak. Dis die eerste keer in ses jaar dat hy weer op sy plaas kom, en dié dag word tegelyk 'n gedagtereis ver terug na sy verlede wat so sterk aan dié grond verbind is, en 'n versigtige versoeningsreis na sy seun, Schoonraad. Kan dit wees dat 'n volle dertien jaar verloop het sedert daardie Sondag toe hy vir Schoonraad en Josephine bo in Meulekloof onder die seweweeksvaring gekry het? Vas aan die slaap in mekaar se arms. Nakend.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn die oomblik waarin 'n vuishou geval het, het daar 'n onoorbrugbare kloof tussen hom en sy kind ontstaan. Dertien jaar se kloof wat hy nie kon toegooi nie, want sy hande was afgekap. Sy liefde vir Salomien het hom sterk én swak gemaak. Sterk genoeg om deur elke dorre dag te kom, maar magteloos om sy kind te beskerm teen Stanley Joubert, Salomien se man en Josephine se pa.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50170889306351,"sku":"KLA05161","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasd_f115bc39-05c0-41ec-8ac6-5f812bd5f5a7.jpg?v=1784059242","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/klawervier-annelie-botes-1","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}