{"product_id":"klaprose-teen-die-wind-marzanne-leroux-van-der-boon","title":"Klaprose teen die wind - Marzanne Leroux-van der Boon","description":"\u003cp data-start=\"70\" data-end=\"235\"\u003eIn ’n Hollandse kafeetjie sê Marc van Stellenbosch vir die kelnerin hy kom so pas uit Afrika.\u003cbr data-start=\"163\" data-end=\"166\"\u003eDan laat sak Jurgen van Franschhoek sy koerant en vra: “Suid-Afrika?”\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"237\" data-end=\"499\"\u003eSó ontmoet die twee “broers-uit-die-verdrukking” mekaar. As diensplig-ontduikers het hulle ontsnap van ’n regime van ongeregtigheid en diskriminasie na “die heilige plek van die groot toleransie”. Albei wil ook van verstarde denke en ’n verkrampte leefwyse loskom.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"501\" data-end=\"566\"\u003eGaandeweg verdiep hul vriendskap, raak hul verhouding verwikkeld.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"568\" data-end=\"753\"\u003eJurgen is gay. Maar sonder om volkome deel van die homokultuur te wees. Veral nadat sy minnaar, Tako, aan vigs dood is, vermy hy seksuele kontak. Hy verpleeg nou vigslyers in ’n kliniek.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"755\" data-end=\"1146\"\u003eJurgen kén die frustrasie, wanhoop en skuldgevoelens van ’n homofiele bestaan en gun dit nie vir Marc nie. Hy wil hom waarsku. Daarom bring hy hom in aanraking met die skadus van homoseksualiteit. Hy toon byvoorbeeld aan hom dat dit ’n vorm van verslawing kan wees – soos dwelmmisbruik. Hy laat Marc die lyding van die vigspasiënte sien; die uitdagende mening van ’n uitgesproke gay aanhoor.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1148\" data-end=\"1310\"\u003eNie net by Jurgen maak Marc kennis met homoseksualiteit nie. By sy ouma vind hy meer uit oor sy vader se seksuele ambivalensie, ’n stryd wat tragies geëindig het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1312\" data-end=\"1448\"\u003eMaar dan is daar Anneliese van die rooiliggebied. Met haar jong, buitelende liggaam voor hom weet Marc dat die lewe ook ekstaties kan wees.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1450\" data-end=\"1573\"\u003eEn toe word dit nag vir hom en Jurgen. Byna bomenslike opofferings word geverg; hulle liefde word tot die uiterste beproef.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1575\" data-end=\"1948\"\u003e\u003cem data-start=\"1575\" data-end=\"1599\"\u003eKlaprose teen die wind\u003c\/em\u003e is ’n roman oor seksuele ambivalensie en die verskrikking van vigs. Die tema word ewewigtig en indringend ontgin. Mediese, etiese en geloofsaspekte – dit word alles romanmatig gedek. En op die koop toe kry die leser insae in die leefwyse van die Nederlanders, word hy bekoor deur die vreemde. Dit is ’n roman wat die verstand en die hart aanspreek.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48276058439919,"sku":"KLA04784","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/dasda_762fb00b-d01e-4d83-b031-eef5e4e6e127.jpg?v=1775502625","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/klaprose-teen-die-wind-marzanne-leroux-van-der-boon","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}