{"product_id":"katryn-winnie-rust-first-edition","title":"Katryn - Winnie Rust (First edition)","description":"\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eDis die 1860's. Op Wellington is die koms van die stoomlokomotief en die bediening van die nuwe predikant, Andrew Murray, ewe groot nuus. Die pad na die goudvelde van die noorde is oop, die Masonic-hotel op die dorp floreer en die geestelike herlewing het 'n nuwe vroomheid na die Boland gebring.\u003c\/p\u003e\n\u003cp class=\"font-claude-response-body break-words whitespace-normal leading-[1.7]\"\u003eSedepreke teen alles wat modern of plesierig is, grief vir Blink Ben Marais, erfgenaam van die wynplaas Wolwehoek. Hy is geleerd en ervare en onrustig oor die uitwerking wat die nuwe opvattings op die boerdery kan hê. Boonop kan hy die hoteleienaar se dogter nie uit sy gestel kry nie. Katryn is geheimsinnig, uitdagend en pragtig. Die mense praat en Blink Ben weet hy moet kies.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49563636433135,"sku":"KAT04940","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasd_56607955-f61e-468e-8103-e32cc7a6f7a9.jpg?v=1779141733","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/katryn-winnie-rust-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}