{"product_id":"jy-kan-die-kommuniste-vertrou-dr-fred-schwarz","title":"Jy kan die kommuniste vertrou - Dr. Fred Schwarz","description":"\u003cp data-path-to-node=\"2\"\u003eDie titel van hierdie boek is nie so skrikwekkend as wat dit mag lyk nie, want in sekere sin kan die Kommuniste vertrou word. Hulle het hul planne, hulle oortuigings, en selfs hulle metodes in duidelike onmiskenbare woorde uiteengesit. Hulle het hul boodskap in elke taal oor die hele wêreld gepubliseer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"3\"\u003e\u003cem\u003eEn hulle kan vertrou word om daardie planne onafgebroke na te streef.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"4\"\u003eDie Kommuniste sê dat hulle die stryd teen die Kapitalisme tot die einde toe aangeknoop het, dat klasseoorlog onafwendbaar is en slegs kan eindig in volkome oorwinning vir een kant. Hulle is tot die dood toe aan hierdie stryd gewy, en hulle glo die doel heilig die middele. Enige metode wat hulle volg, enige manier waarop hulle dit gebruik, enige gevolg wat dit mag hê, is vir hulle geregverdig.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"5\"\u003eDie Kommuniste glo dat absolute, meedoënlose diktatorskap noodsaaklik is vir hulle heerskappy. En hierdie diktatoriale mag stel hulle in die hande van diegene wat die sentrale komitee van die Kommunistiese Party beheer.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"1\"\u003eHoe weet ons dat dit die geval is? Hoe glo ons sulke verklarings? Die antwoord is: getuienis uit die verlede — getuienis geskrewe, uitgespreek, en uitgevoer in koue, berekende beplanning. Die Kommuniste het hulle planne aangekondig en hulle deurgevoer, nie een maal nie, maar baie male. Hulle rooster vir wêreldverowering is gepubliseer, en tot dusver verloop alles volgens plan.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"2\"\u003eDie Kommuniste wil hê ons moet glo dat teenstand onmoontlik is. Maar hierdie boek toon in duidelike, verstaanbare terme hoe u kan help met ’n teenaanval. Die antwoord lê in kennis, want waar daar kennis is, daar is krag. U sal sien hoe die Kommuniste die opvoedkunde, taal, kuns, handel, diplomatiek, godsdiens en kulturele uitruiling geïnfiltreer het. U sal kennis opdoen omtrent breinspoeling, die groot leuen, die Kommunistiese front, die medereisiger, en al die ander tegnieke wat hulle ken en sonder aarseling gebruik.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"3\"\u003eHierdie boek toon dat u die Kommuniste kan vertrou om hulle plan vir wêreldheerskappy na te jaag, maar dit stel in u hande die mees doeltreffende wapen wat daar bestaan. U kan nou volledige kennis opdoen omtrent die Kommunisme, leer om dit te begryp, dit te bestry, en aldus ware vryheid oor die hele wêreld te bewerkstellig.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49493650964719,"sku":"JY04892","price":84.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasd_d8a031a5-95b8-4a09-8a76-947538a9cf1c.jpg?v=1778016356","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/jy-kan-die-kommuniste-vertrou-dr-fred-schwarz","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}