{"product_id":"jasper-se-sirkus-avontuur-c-f-beyers-boshoff-jasper-11","title":"Jasper se sirkus-avontuur - C.F. Beyers-Boshoff (Jasper #11)","description":"\u003cp data-path-to-node=\"3\"\u003eJasper is 'n borselkop-seun wat saam met sy drie maats reeds baie ervaringe belewe het, en een of ander tyd beland hy altyd in die warm water.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"4\"\u003eHierdie keer het alles begin toe Tubalto se sirkus in Leliesvlei aangekom het. Toe wou Jasper nie meer 'n brandweerman of treindrywer word nie, maar iemand wat in 'n sirkus werk — 'n leeutemmer, 'n akrobaat, of so iets. En as Jasper iets wil doen, wend hy ten minste altyd 'n poging aan. En die borselkop kry dit reg, want toe Tubalto se sirkus die dorp verlaat, trek hy saam met die mense van die groot tent.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"5\"\u003eSoos wat die lewe maar met 'n mens maak as jy nog kortbroek dra en niks ouer as dertien jaar is nie, verloop sy planne nie heeltemal soos wat hy verwag het nie. In plaas van om op een van die wit perde te ry of om 'n draadloper te word, moet hy sitplekke aanwys en die arena skoonmaak nadat die olifante dit bemors het. Maar Jasper is 'n knaap vir opwinding, en nadat daar 'n hegte vriendskap tussen hom en Ore ontstaan het, begin die avontuur. Ore is die ou groot sirkus-olifant wat niks meer met sy afrigter te doen wou gehad het nie... en dan begin daar baie dinge te gebeur.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-path-to-node=\"6\"\u003eHierdie is die elfde boekie in die Jasper-reeks wat reeds so gewild by seuns en dogters is dat Jasper die bekendste borselkop-seun in die land is.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48734569857263,"sku":"JAS04803","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasa_4ee650ac-e02e-473c-a867-1261b9b65546.jpg?v=1776201504","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/jasper-se-sirkus-avontuur-c-f-beyers-boshoff-jasper-11","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}