{"product_id":"jasper-in-die-wildernis-c-f-beyers-boshoff-jasper-8","title":"Jasper in die wildernis - C.F. Beyers-Boshoff (Jasper #8)","description":"\u003cp data-start=\"0\" data-end=\"396\"\u003eWanneer Jasper en Mossie saam met meneer Rossouw en sy geselskap na die Bosveld vertrek, weet hulle slegs dat hulle na ’n onbekende deel van die wêreld gaan. Gou leer hulle dat die verskil tussen die wildernis en die dorp nog groter is as wat hulle vermoed het, want nog voor hulle hul eindelike bestemming bereik, word Mossie deur ’n vlakvark bestorm toe hy sy hoed agter ’n doringbos gaan soek.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"398\" data-end=\"722\"\u003eVeral Jasper leer dat ’n olifant se geheue werklik so lank is as wat die spreekwoord sê, want nadat hy ’n ou alleenlopende olifantbul in die voet gewond het, word hy telkens deur ou Eentand uitgesoek. Nadat hy alreeds ’n paar noue ontkomings gehad het, besluit Jasper dat iets nou gedoen moet word om die gevaar te beëindig.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"724\" data-end=\"1055\"\u003eTerwyl hy egter nog dink dat hy die ou bul soek, het Eentand hom reeds gevind en moet hy hardloop vir sy lewe. Dit sit nie in ’n dertienjarige knaap se broek om vir ’n olifant weg te hardloop nie, maar Jasper is ’n kêrel wie se brein die vinnigste werk wanneer die gevaar op sy grootste is, en ook in hierdie geval maak hy ’n plan.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1057\" data-end=\"1347\" data-is-last-node=\"\" data-is-only-node=\"\"\u003eHierdie is die agste deel in die Jasper-reeks, en die vier maats is reeds bekend en bemind tot ver buite die grense van hulle eie dorp as gevolg van hulle kaskenades. Aan hulle word ’n hoë standaard gestel, en in hierdie werk voldoen hulle aan hulle getrouste lesers se hoogste verwagtings.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49523517915375,"sku":"JAS04920","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasd_7287a44a-345f-44a0-a7e7-ca7b68d35b15.jpg?v=1778875129","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/jasper-in-die-wildernis-c-f-beyers-boshoff-jasper-8","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}