{"product_id":"jacoba-afrikaner-maretha-maartens-first-edition","title":"Jacoba Afrikaner - Maretha Maartens (First edition)","description":"\u003cp data-start=\"51\" data-end=\"302\"\u003e“Wat praat jy so met daardie Herero-seun saam?” het Jacoba Afrikaner se ma gevra. “En wat se gevleggery is dit van jou hare? Die baardmannetjie kuier nie saam met die hoep-hoep nie, Jacoba. Jy moenie moeilikheid soek, noudat jy grootgeword het nie.”\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"304\" data-end=\"484\"\u003eJacoba het geweet: \u003cem data-start=\"323\" data-end=\"482\"\u003eEk haal asem soos die veld, soos die springbokke, soos die werfhoenders. Maar ek is anders as hulle. Ek is uit my kleintyd uit. Ná elke tyd kom ’n ander tyd.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"486\" data-end=\"887\"\u003eEén helder seisoen het Jacoba Afrikaner en Tuvahi Kapuuo saam gereis – na die waarheid wat onder die sand toegewaai was, na verskrikking, na ’n plek waar hulle kon liefhê en na bevrydende selfkennis. Hierna reis Jacoba, die Nama-meisie, alleen na die Groot Ashoop waar Gladys Koopman, die sorters en Ari, die Angolese bandesmous, haar in die gemeenskap – en in die apokalips – van Kupferberg opneem.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"889\" data-end=\"1135\"\u003eAan die beter kant van Kupferberg dink Bas Pretorius: \u003cem data-start=\"943\" data-end=\"1133\"\u003eDie eenvoudige een-bladsy-verhaal van ons lewe is nou in twee gevou. Om die geskrif van ons lewe te kan lees, moet ons die materiaal bly manipuleer – links van die fout, regs van die fout.\u003c\/em\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"1137\" data-end=\"1456\"\u003e\u003cem data-start=\"1137\" data-end=\"1155\"\u003eJacoba Afrikaner\u003c\/em\u003e is die verhaal van twee liefdes, of dalk van drie. Dit is werklikheidsfiksie waarin duiselingwekkende geheime van die Donker Kontinent aan die lig kom. Maar dit is ook die storie van ’n groepie mense in wie se lewens waarheid en ontugtering, adel en boosheid, krag en berou eindelik hul beslag kry.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":47185415733487,"sku":"JAC04165","price":84.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_4997747f-209a-44c7-ad84-f57ef2527a90.jpg?v=1762892359","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/jacoba-afrikaner-maretha-maartens-first-edition","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}