{"product_id":"in-die-omtes-van-die-hart-en-ander-verbeeldings-petra-muller","title":"In die omtes van die hart en ander verbeeldings - Petra Müller","description":"\u003cp data-start=\"48\" data-end=\"680\"\u003e’n Boek vol “rustelose” stories wat Petra Müller opdra aan haar kleinkinders – om eendag te lees, wanneer sy deel sal word van húlle stories. Met die hulp van haar “verflinterde” muse Memórie, wat sekere dinge openbaar terwyl sy ander verborge hou, loop sy op haar eie spore terug na die plekke, gebeurtenisse en stories van haar kindertyd. Na die magiese gestaltes wat daaruit na vore kom. Vertellings wissel van outobiografies tot half-fiktief tot wilde verbeeldings. Enkeles spring terug na die kindertyd van die mensdom, na mitologiese wesens soos Odusseus en Eenoog, en selfs verder terug na die prosesse van die skepping self.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"682\" data-end=\"1016\"\u003eUiteindelik word hierdie “storie”-boek ’n fassinerende openbaring van die impulse wat inwerk op ’n skeppende gemoed. ’n Reis in “die omtes van die hart” – wat jou soms verruk, soms ontstel, en jou meermale te staan bring voor dit wat diep en eindeloos is en “waaraan daar nooit met ’n woord geraak word nie, nou of in die laaste uur”.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":49075338412271,"sku":"IND04831","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdas_45f98844-8768-4f90-addc-7d851e65a59b.jpg?v=1776720043","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/in-die-omtes-van-die-hart-en-ander-verbeeldings-petra-muller","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}