{"product_id":"immer-wes-irma-joubert","title":"Immer Wes - Irma Joubert (First edition; Oorlogstrilogie #1)","description":"\u003cp\u003e'n Dogtertjie uit die Oos-Pruissiese adel, 'n liefdelose ma, 'n pa wat omgee – wel, meestal. Só begin Hildegard se verhaal.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIn 1914, toe die donker wolke wat oor Europa saamgetrek het, uiteindelik in die Groot Oorlog uitbreek, leer Hildegard vir die eerste keer hoe lelik die lewe daar buite is, hoe afskuwelik oorlog, en wat 'n misleidende woord 'oorlogshelde' is. Haar kinderlike vererring van die Duitswester Gustav los op die vlaktes van sy geliefde land waarheen hy terugkeer. Sy trou met 'n man – haar vader se keuse, as mens dit 'n keuse kan noem – wat min vreugde in haar lewe bring.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eTeen die tyd wat die Tweede Wêreldoorlog ten einde loop, is sy intiem vertroud met die pyn van verlies en onderdrukking, armoede en hongersnood, en meer as ooit haat en verag sy oorlog. Maar dit is nie die einde van die reis nie. Dit besef sy eers toe sy en haar kind hulle weens omstandighede waarvan niemand sou kon droom nie, in Duitswes bevind.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eWat môre sal bring en waar sy en haar dogtertjie 'n heenkome sal vind, weet niemand. Soms weet sy nie of God haar nog hoor wanneer sy bid nie.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":50234790314223,"sku":"IMM05200","price":249.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_5048a62f-79fc-4552-b0f0-9282041810c6.jpg?v=1785101486","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/immer-wes-irma-joubert","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}