{"product_id":"hoopvol-derick-van-der-walt-1","title":"Hoopvol - Derick van der Walt","description":"\u003cp data-start=\"49\" data-end=\"277\"\u003eBen word koud. Sy mond voel skielik droog.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"91\" data-end=\"94\"\u003eHy kyk na die foto teen die varsproduktemuur.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"139\" data-end=\"142\"\u003eSy blik is vasgehaak op die man heel regs op die foto. Hy vat versigtig met sy vinger aan die man se gesig. Hy het ’n pa.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"263\" data-end=\"266\"\u003eRegte pa.\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"279\" data-end=\"572\"\u003e“Dink jy ons is te slapgat om iets weg van hierdie dorp af te waag?” vra Liefie terwyl sy haar lang, bruin bene in die sonlig uitstrek.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"414\" data-end=\"417\"\u003e“Hoekom het ons nie ook verlede jaar na matriek op ‘n trein geklim en gaan kyk wat ons op die eerste die beste dorp anderkant Hoopvol gedoen kan kry nie?”\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"574\" data-end=\"783\"\u003eNathalie kyk na die druiweprieël wat die dak van die hotel se binnehoftuin byna toegerank het.\u003cbr\u003e\u003cbr data-start=\"666\" data-end=\"669\"\u003e“Dalk wou ons nie,” antwoord sy. “Miskien is dit bedoel dat party mense op sulke plekke soos Hoopvol moet lewe.”\u003c\/p\u003e\n\u003cp data-start=\"785\" data-end=\"1092\"\u003e\u003cem data-start=\"785\" data-end=\"794\"\u003eHoopvol\u003c\/em\u003e is die aangrypende verhaal van Ben wat ná ‘n traumatiese gebeurtenis by sy huis in Johannesburg blindelings op ‘n trein klim om die pa te gaan soek wat hy nooit geken het nie. Dis ook die storie van Nathalie se uitsiglose lewe op ‘n dorpie in die Karoo. Op verrassende wyse word dié stories een.\u003c\/p\u003e","brand":"The Story Station","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":48276575420655,"sku":"HOO04789","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0650\/6538\/6223\/files\/asdasda_433923f0-4b32-4bb4-b817-a52c7c2aef98.jpg?v=1739995677","url":"https:\/\/www.thestorystation.co.za\/products\/hoopvol-derick-van-der-walt-1","provider":"The Story Station","version":"1.0","type":"link"}